Nie nét 'n geldspel nie

2012-11-11 00:35

Pryse – Chev Cruze-luikrug 1.6 LS – R212 400 1.8 LS – R224 800

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ach du liebe!

Dis wat die Duitsers sê as hulle simpatie of empatie met iets het. Soos ’n brose Telkom-telefoonlyn wat jy later maar kanselleer omdat hulle dit net eenvoudig nie kan – of wil – fieks nie. Het nou die dag hoeka met ’n kollega in die bedryf gebeur, ná máánde se gesukkel. En dis besig om met die uwe ook te gebeur, oor ’n lyn wat nou al jare lank ’n krapperigheid toon, soos ’n spykerpunt wat oor ’n metaalblad skrop.

Probleem is dat die krapperigheid soms só erg raak dat mens niks, haba, nichts, zero, absoluut fonghinjapie kan hoor. En dan toets hulle hom, en SMS jou om te sê dat die lyn een honderd persent in orde is. En dan bel jy weer 10210 en hulle luister na jou storie en gee jou ’n nuwe verwysingsnommer en seg dat hulle jou probleem sal “eskaleer” (oftewel voor in die tou sal plaas). En dan kry jy weer die SMS. En dan bel jy weer. En nog ’n SMS.

En so slommer dit voort...

Nou en dan seg hulle selfs ’n tegniese ou sal uitgestuur word, of erger: ’n man is klaar uitgestuur. Wanneer hy by jou sal arriveer? Of hét hy dalk al gearriveer?

Nee, hulle weet nie. Iedergeval rapporteer die tegniese kêrel dan aan sy afdeling, maar húlle rapporteer nie aan die diensafdeling sodat 10210 kan bevestig of die tegniese man wél aan sý groep gerapporteer het nie. Vir al wat jy weet, het hy net sit en tee drink.

En raai nou of daar ’n nommer vir tegnies is, sodat jy kan bel en uitvind en vasstel en bevestig? Allawêreld, nee.

So, wat staan jou te doen? Ach du liebe. Bel maar weer 10210 en wag vir jou nuwe verwysingsnommer en volgende SMS wat sê dat jou lyn piekfyn is.

Dis Kafkaniaans. Maar dis die realiteit.

Nou, soms kla lesers dat dit ewe sleg in die motorbedryf gaan. Jy word nie gehelp nie. Oor die afgelope paar weke het ’n vriend by ses verskillende handelaars navraag oor karkoop gedoen. Net twee – Chevrolet en Hyundai – het geantwoord.

Hy’t die Chev gekoop. Die prys was beter, die handelaar veel nader aan sy tuiste en die verkoopsdame het hom elke dag met finansieringsplanne en dies meer gebel; alles goeie re-des om spesifiek dáár handel te dryf.

Maar die Cruze is ook baie kar vir wat jy betaal, hetsy in sedan- of 5-deur-luikrugvorm. Laasgenoemde (wat nuut op die mark is) bied twee petrolweergawes: ’n 1.6 (91 kW, 155 Nm) en 1.8 liter (104 kW, 176 Nm).

Nou, die Cruze is skaflik op’t oog en sag op die lyf, gegee bande met hoë 60-profiele en vering wat vir ritgehalte eerder as die renbaan ingestel is. Die omgekeerde vergelyking is natuurlik ’n fout wat deur heelwat vervaardigers gemaak word, hoewel mens nie die Europeërs kwalik kan neem nie. Per slot van sake word hul motors gebou vir goeie padoppervlakke plus ’n publiek wat dikwels op nou kronkelpaadjies moet bestuur – en entoesiasties daaroor is.

Sulke mense soek motors wat goed hanteer. In Amerika, waar nege-tiendes van die bevolking swak bestuur, en waar almal in ’n reguit lyn ry, is veerstelsels veel sagter.

En wees nou eerlik: Suid-Afrikaanse werklikhede – in terme van paduitleg sowel as voertuigbestuurders – trek veel strenger op die Amerikaanse model. Dit nou ten spyte van ons voorliefde vir Europese motors wat net so gekoop word, sonder aanpassings in terme van kleiner wiele met hoër bandprofiele.

Op einste punt is dit dus verbasend om te sien dat Chev hul Orlando LT met 45-profielrubber op 18”-wiele toerus! Mensig, Chev, die Orlando is ’n familiebussie – of dan ’n mensekarweier, soos die industrie dit soms noem. Die veerstelsel is boonop nie die mees gesofistikeerde nie.

Ewe verstommend is dit om te sien dat Kia hul pas gekuurde Soul 2.0 met dieselfde grootte band en dieselfde lae profiel – 225/45R18’s – toerus. Die 1.6 liter ry darem op ’n 55-profiel – en niks minder sal doen nie.

Nou, ’n 60-bandprofiel is nie die enigste “60” in die Cruze se guns nie; tenkvolume is boonop 60 liter, ’n goeie syfer vir dié segment. Eweneens is bagasiespasie uitstekend; die sedan se kattebak is enorm en die nuwe luikrug s’n uiters groot (413 liter) – en dit sonder om die brandstoftenk te krimp of ’n volgrootte spaarwiel prys te gee.

Waar die Cruze egter op syfergebied kortskiet, is in die kas se aantal gange: net vyf vir alle handratte buiten die sedan se 2.0?liter-dieselmodel. Buiten dat dit die verkoopprys sny, maak net vyf gange nie veel sin op ’n 1.8 liter-model nie, maar op die 1.6?liter kan mens verstaan dat ’n sesde rat feitlik onnodig is; 91 kW klink na goeie krag vir ’n 1600, maar die Cruze is, selfs in luikrugvorm, ’n groot motor (4 514 m lank) en nie die ligste in sy segment nie, wat beteken dat die 1.6 korter en sterker ratte soek om sy lyf rond te sleep.

Teen ’n amperse 13 sek. van nul tot by 100 km/h is die 1600 so-by-so ’n rapsie traag, terwyl die 1800 die lopie darem tot 11 sek. sny. Topsnelhede is 188 km/h en 195 km/h onderskeidelik en die amptelike verbruiksyfer minder as 7 liter/100 km vir albei.

Al twee motors word ook met ABS-remme met skywe alom, kragvensters alom, ses lugsakke, CD-klank, stabiliteitsbeheer en traksiebeheer toegerus, en die waarborg, asook roeswaarborg strek vir vyf jaar; die versienplan vir 3 jaar/60 000 km.

Al dié dinge maak ’n sterk saak vir die Cruze, hetsy in sedan- of in luikrugvorm. Maak net seker dat jy met die dieselmodel (in die sedanreeks) se vinnige enjindemping kan saamleef as jy van die versneller klim; dit kan tot rukkerige vordering in kruipverkeer lei.

Wat Chev se saak egter in my vriend se geval beklink het, is prys en goeie diens. Dis nie asof motors in dese tye hul eie enjins aanskakel en self van die handelaarsvloere af vlieg nie. O nee. Ons leef in taai tye.

En dan kry jy verkoopsmense wat eerder ’n koppie tee sit en drink as om navrae oor ’n moontlike handelstransaksie op te volg.

Laat my ’n bietjie aan Telkom-diens dink. Waarop mens seker maar net kan sê: Ach du liebe...

Pryse – Chev Cruze-luikrug
1.6 LS – R212 400
1.8 LS – R224 800

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrician

Gauteng
Igezi Contracting and Maintenance
R10 000 - R16 000 Per Month

Compliance Assistant

Gauteng
Initiate International
R12 000 - R15 000 Per Month

Tracers/Debt Collection Agents

Western Cape
LNH Recruiters
R10 000 - R12 000 Per Month

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!