Nou vir grote, manne

2011-12-03 14:58

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar’s twee wedrenne, hier.

En die eerste een is so belangrik as die tweede, die hoofren, die Dakar, wat op 1 Januarie in die Argentynse kusdorp Mar del Plata begin en op 15 Januarie in Lima, Peru, eindig.

Dáái een, die Dakar-woestynren, is by verre die wêreld se taaiste en moordendste toets van man en masjien. Suid-Afrika se eie renlegende, Giniel de Villiers, het natuurlik al in 2009 gewen, in die Dakar. Toentertyd het hy in ’n Volkswagen Touareg gesit, met die navigator Dirk von Zitzewitz langs hom.

Vanjaar vorm hulle nogmaals ’n gedugte span, maar dié keer is hulle in ’n Toyota Hilux vasgegespe.

Dis die helfte van die goeie nuus.

Die ander helfte kom in die vorm van Duncan Vos, ’n viermalige Suid-Afrikaanse veldrenkampioen; met die voertuigspesialis Rob Howie as sy navigator. Vos en Howie sal Imperial Toyota se tweede Hilux beman.

Oor die Dakar kan mens nie uitgepraat raak nie. Vanjaar se ren woed oor ’n afstand van 9000 km in Argentinië, Chile en Peru.

So een derde die ren in sal die manne die Andes-gebergte op ’n hoogte van 4800 m bo seevlak kruis. Die jagery sal tot by 3500 m bo seevlak plaasvind. Dis wanneer voertuie – en mense – swaar begin asemhaal; 3,5 km bo seevlak is drie-en-’n-half keer hoër as Tafelberg en meer as twee maal hoër as Johannesburg.

Sommige ouens, vertel De Villiers, raak selfs naar en siek. Selfs De Villiers het per geleentheid met ’n hoofpyn van die hel gesukkel toe hulle anderkant die Andes begin afsak.

By tye is die kajuittemperatuur ook ondraaglik, in die orde van 60º C en hoër; De Villiers het al 70º beleef. Of, sal mens sê: oorleef. Vir dié doel het die manne spesiale oorpakke.

En dít terwyl mens nie durf om ’n enkele onnodige sekonde agter die stuur te vermors nie. Dís dan ook Vos, wat pas 50 jaar oud geword het, se grootste uitdaging: net om die Dakar te voltooi, seg hy. Lees die terrein reg; moenie onnodige kanse vat of die voertuig breek nie.

Vos is blitsig, maar hy kort Dakar-ervaring. De Villiers spog met albei; hy’s weerlig, selfs in ’n bakkie in dik sand, maar hy ken die geheime en uitdagings; hy lees gevare soos ’n boek.

En komkommerkoel is De Villiers.

Fiks ook, soos môre heeldag; kyk bietjie op die foto hiernaas hoe hy ’n bergfiets maal. Swem is ook deel van die regime, en draf en dieet en en en…
Hoe Toyota Imperial se Hiluxe gaan vaar?

Dis waar die eerste ren, die voorbereiding, so ’n groot rol speel. Die besluit om Dakar te pak is einde-Augustus, op die nippertjie, geneem. Dit het Glyn Hall, spanbestuurder, met bitter min tyd gelaat om ordentlik te kan beplan. Die bakkies is volgens Dakar-spesifikasies gebou en vir ’n driedagtoets Namibië toe geneem.

Spesialiste is teen yslike koste van Europa ingevlieg, spesifiek om die enjinprogrammatuur en veer-en-dempstellings te verfyn. En daar’s aktiwiteite agter die skerms wat vir die duur van die ren sal aanhou soos die topografiese spesialis in Ierland wat elke aand dwarsdeur die nag vir De Villiers-hulle gaan kaarte lees om die beste roetes vir die volgende dag te vind.

Al dié dinge kos tyd, maar veral geld. Die beste spanne het ’n begroting van tot R500?miljoen; Imperial Toyota ding met ’n fraksie daarvan mee. ’n Fraksie.

Maar ’n Hilux is ’n Hilux. En De Villiers is De Villiers. En Vos is Vos. Sterkte, manne! Die eerste ren, die voorbereiding, is verby. Nou vir die grote, die Dakar. Vat hom!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.