Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Nuwe A8 ’n tegno-bielie

2010-02-27 14:30

Audi se nuwe A8 wys sy kwaai gesig.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Om een van die Duitse drietal se grootmenere in jou motorhuis te parkeer, beteken jy moet ’n vet beursie hê of ’n politikus wees.

Skuus, politici het mos maar vet beursies – so jy moet ’n welaf sakeman óf dan ’n politikus wees.

Die nuutste salvo kanonvuur in die oorlog om die rykes se geld kom van Audi. Die nuwe A8 het pas sy internasionale debuut gemaak en dié vervaardiger reken dit is die hewigste grofgeskut wat tot nog toe op Mercedes-Benz se S-klas en BMW se 7-reeks afgevuur word.

Later vanjaar land die 4,2?liter- V8 FSI (273 kW en 445 Nm) hier en nog later sal ’n 4,2?liter-diesel- V8 (258 kW en 800 Nm) sy opwagting maak, asook kleiner petrol- en diesel-weergawes.

En een van die 3 liter-dieselenjins wat later kom, sal ’n klasleier van formaat wees danksy 150 kW deur ’n V6-enjin, maar verbruik van net 6,01 liter/100 km.

Ons kon nie die kans laat verbygaan om die nuweling in Spanje te bestuur nie. En ja, vinnig, vlugvoetig en ’n beter ritgehalte as enige vorige A8 laat jou tone krul van plesier.

Minder plesierig is die buitekant, wat net te veel na ’n opgeblase A4 lyk, en daardie dagryligte voor se uitleg sal dalk ook nie in almal se smaak val nie.

Maar dit is die tegnologie wat in die nuweling ingespan word wat werklik beïndruk en jy kan nie help om te wonder oor waar dit alles eendag gaan eindig nie.

Kom ons loer kortliks na enkele van die wunderwerke in die A8.

Eerstens is daar die voorligte wat almal uit LED-diodes bestaan. Naas die R8 is dit maar die tweede voertuig met sulke ligte. Aan elke kant is 76 LED’s wat in teenstelling met xenonligte geen bewegende onderdele het nie, min energie gebruik, geen onderhoud nodig het nie en ’n soort lig uitstraal wat soortgelyk aan daglig en daarom nie stremmend op die menslike oog is nie.

Daar is wel afsonderlike waaiertjies wat dié spulletjie koelhou.

Nog ’n nuwigheid in dié klas is ’n skermpie in die instrumentpaneel waarop jy met jou vinger kan skryf. Jy kan ’n bestemming vir die navigasiestelsel skryf of ’n telefoonnommer wat gebel moet word. Die stelsel is deel van die MMI-kommunikasiestelsel van die A8 en selfs al griffel jy so lelik soos ’n dokter, sal dit jou handskrif kan lees.

Boonop kan die stelsel enige alfabet hanteer en dit sluit selfs tale soos Russies, Chinees en Arabies in. Jy kan natuurlik ook van die gewone knoppie- en skakelaarmetode of stemaktivering vir dié funksies gebruik maak.

Nog een van die A8 se troefkaarte is die satellietnavigasiestelsel wat van Google Earth gebruik maak om ’n baie realistiese beeld te skep van die omgewing waarin genavigeer word. Sommige groot stede in Europa is reeds in 3D-formaat vir die navigasiestelsel beskikbaar wat van verdwaal eenvoudig nie ’n opsie maak nie.

Verder is die navigasiestelsel in verbinding met ander stelsels in die voertuig en dit sal voortydig weet as byvoorbeeld ’n tonnel genader word (die ligte sal betyds aanskakel) en ’n skerp draai wag (die motor sal nie versnel nie en sy spoed by die draai se skerpte aanpas) wanneer met spoedbeheer gery word.

O ja, van Google gepraat, die A8 is ’n WiFi-kol en jy kan heerlik oor die internet speel of vir jou Facebook-vrinne vertel van jou ryk pel se slim kar!

Audi se nagsigtoerusting neem dinge ’n treetjie of wat verder as dié van sy mededingers. Nie net identifiseer die stelsel mense of diere nie, maar wanneer hulle nie in die voertuig se pad is nie, word hulle in geel aangedui en wanneer hulle wel in die A8 se pad is, word hulle met rooi aangedui én ’n alarm sal jou waarsku.

En of dit nie genoeg is nie, kan jy die opsielysie afmerk en jou A8 met die jongste Bang & Olufsen-klankstelsel toerus. Dit sluit 19 luidsprekers in wat 1?460 W uitpomp. Hoeveel dié opsie gaan kos, is nog nie seker nie, maar dit gaan ’n hele paar bokke ekstra wees.

Daar is nog baie “goetertjies” in die A8 wat van hom vir tegnologie-gestremdes ’n nagmerrie maak, maar vir die informasiegenerasie net die ding is.

Met die nuwe A8 hoop Audi om die gaping tussen die 7-reeks en die voorloper in die segment, die S-klas, te laat krimp. Die skietgoed is daar en dit lyk of daar akkuraat gekorrel word.

Ons sal maar moet sien.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Finance

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Solutions Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...