Openbaring, nou (toe nou)!

2010-03-13 13:51

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“ We’ll come in low against the rising sun. About a mile out, we’ll put on the music. I use Wagner – it scares the hell out of them! My boys love it! ”

Jaguar se nuwe vlagskip, die XJ, het nie veel met Wagner te doen nie. As hoofontwerper is Ian Callum die belangrike naam. Sy vlaggie plant op veel wat onderskeidend is aan die nuwe Kat.

Soos die lae voorpaneel. Klim in en wat opval is ’n indrukwekkende houtboog, omtrent 40 mm hoog, wat van voordeur tot voordeur sirkel, onder die voorruit deur en bo-oor die lae, leerbedekte voorpaneel. Daarom dan lt.kol. Kildore se woorde in Francis Ford Coppola se weergalose Viëtnam-fliek, Apocalypse Now:

“We’ll come in low…”

Jy kan die son oor daai boog sien opkom. Dit laat jou aan ’n motorboot se kajuitgrense dink. Só ’n uiterse lae paneel dan, in kontras met sy voorganger se hoë skanswal, of selfs die S-klas en 7-reeks se swaar en Wagner­iaanse binnegesigte.
Hy’s oop, die Jag. Sy paneel skep lig en ruimte.

En meer: Dis metafoor vir die visie van ’n vrydenkende motorontwerper. Want dis musiek wat Callum regdeur die XJ met sy onbevange ontwerpsfilosofie komponeer. Motormusiek. Vergeet van ’n “mile out”. Dit maak die Duitsers van Brittanje af tot in Berlyn bang.

En hoekom?

Stilering, om mee te begin. Terwyl Duitse swaargewigte ’n vorm van industriële elegansie nastreef, is die XJ onbeskaamd mooi, sportief, sexy en wulps.

Callum deins vir geen oomblik van lyne, kurwes, rondinge, stellinge en treffende versiering weg nie. Die XJ se neus breek die lug-na-vore met ’n baldadige kraghou oop. Die sierrooster vorm ’n blink chroombek wat opvreet. Wenkbroukoepels oor kopligslierte verheerlik die oorspronklike 1968-XJ se vleuel- en enjinkapfluite. Syvensters, wat deur ’n enkele chroomstrook omboor word, strek laag en plat oor hoë skouers. D-pilare wat deur swart plastiekstroke uitgedoof word – sodat die agterruit kwansuis reg om die motor vou – skep visuele breedte. En stertligte mag Lancia, Citroën, ’n bietjie Bentley of selfs Nissan se 350Z oproep, maar gebruik dít wat Callum so vryelik inspan – verbeelding – en siedaar: gerek en gestrekte weergawes van tradisionele driehoekvormige agterligte, nou oor die agterromp gebuig om soos ’n kat se kloumerke te streep.

Die geheelbeeld is inderdaad aangrypend, ook omdat die nuwe XJ so modern vertoon. Die vloeiende koepeerug versinnebeeld die toekoms van luuks ry. Niks staan iedergeval so bronstig op weeldewiele nie, buiten dalk vierdeur-Maserati’s of -Aston Martins.

En wat kos hulle?


Wat ons by tegnologie, toerusting en spesifikasies bring. Kan die XJ ewe modern ín en ónder sy treffende jas wees?

Inderdaad. Te midde van uitspansels vol leer en breë stroke hout, plus sagte aandbeligting in fosforblou het die lae voorpaneel veel met ’n gevoel van ontspanne welsyn te doen. Meer nog is dat die tegnologie op alle vlakke saamwerk om interaksie tussen motor en drywer te vereenvoudig, sonder om intimiteit te verloor.

Die eerste trefpunt is Jaguar se draaiknop (in stede van ’n kierie) vir ratkeuses. Daarby opereer kommunikasie-vermaak via ’n aanraakskerm. Die instrumentpaneel projekteer relevante beelde (van ’n spoedmeter, toerteller, ratposisies, navigasiekaarte en enjinlesings) via ’n dunfilm-transistor, baie soos die prentjie op jou rekenaarskerm. Sommiges kan uitgelig word deur die res te verdof; ander kan deur die projeksie van relevanter inligting vervang word. ’n Bestuurder kan selfs skerminligting vanuit die stuurposisie bekom terwyl ’n DVD-beeld terselfdertyd – vanuit dieselfde skerm – na die passassier uitstraal. Ten spyte van ’n onveranderde asafstand is agterbeenruimte ook nou beter, en selfs massief in die langbak-XJ.

Tekortkominge is daar steeds. Deure moet hard toegeklap word, veral daar ’n outomatiese toetrekfunksie (weens kostes) ontbreek. Beheerknoppe moet te lank gedruk word voor funksies aktiveer. Grafika kan weelderiger en die hoofskerm se aanraak-ikone is piepklein. Stuurwielverstellings opereer steeds in beide rigtings via ’n enkele stadige, growwe elektriese motortjie.

Die hoogte van agtervoetholtes is ook beperk; die kattebak allermins enorm. Die koepeerug se agterruit knip tru-sig. Die lae-spoedrit is ferm en teen 110 km/h suis die XJ om sy syspieëls soos die S-klas waarskynlik eers teen 120 km/h sal. En teen hoë snelhede is die stuur, veral op die superaangejaagde Supersportmodel, steeds te lig.


Die res is prima verby. Die XJ se gevorderde aluminium-eenheidsromp spaar 150?kg en veral in kombinasie met ’n wonderlike sesgang-ZF-outokas, soepel vering, liniêre stuurgewig en vloeiende hidrouliese kragondersteuning op die vinnige kleinrat-en-tandstang tél hierdie gewigbesparing as Coventry se stilsoete 3.0 liter- twin turbo-V6-diesel en lewendig-grommende 5.0 liter-V8 (waarmee ons reeds in die XF en XK kennis gemaak het) onderskeidelik hul 202?kW/600 Nm- en 283?kW/515 Nm-ding begin doen.

In superaangejaagde vorm lewer die V8 selfs twee kraggrafieke (346 kW/575?Nm en 375 kW/625 Nm).

Dis genoeg om die hel uit Apocalypse Now se Kildore te skrikjaag, ’n man wat napalm – terloops – as lekkergoed beskou het.

Ons het nog nuus vir hom. Wagner se saal vol gesneuwelde Walhalla-helde gaan vol Duitse slagoffers wees. Die Jaguar XJ doen moeilike dinge makliker as Germaanse teenstanders. Derhalwe lewer hy meer genot, pret en tevredenheid. Hy laat jou beter voel. En hy lyk mooier.

Apokalipties is hy nie. Maar die nuwe XJ ís ’n openbaring.

“My boys love it,” is waarskynlik hoe Ian Callum dit sou opsom.

* Plaaslik buig die nuwe XJ middel van die jaar teen pryse wat van R920 000 tot R1.6 miljoen
wissel.

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.