Stagnasie, en min grasie

2012-09-29 22:12

McLaren P1

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hierdie eerste paar paragrawe gaan vervelig wees, maar worstel daardeur, as dit kan, want hier’s ’n punt wat gemaak word.

So, kom ons kies 2009 as vertrekpunt, toe die hoof van bakontwerp vir General Motors in Europa, Philip Zak, in Joel Piaskowski se plek as hoofontwerper in Hyundai se Noord-Amerikaanse ontwerp-ateljee te Irvine, Kalifornië, aangestel is. Dit nou omdat ­Piaskowski na Mercedes-Benz se gevorderde ontwerpsentrum in Noord-Amerika op pad was.

Zak, wat intussen al weer terug is GM toe, het destyds dus die Amerikaanse eweknie van Hyundai se Europese ontwerphoof, Thomas Bürkle, geword. Bürkle het voorheen onder BMW se omstrede Chris Bangle gewerk. Bangle se regterhandman, Adrian van Hooydonk, het intussen die leisels as groephoof oorgeneem en Karim Habib by Mercedes gaan haal om hom in Maart 2011 as hoof van BMW-bakontwerp aan te stel, voordat hy vier maande gelede tot hoof van BMW-ontwerp bevorder is. Dít nou nadat Habib vóór sy twee jaar by Benz óók vir BMW gewerk het.

En nou wonder mens hoekom sowel Benz as BMW deesdae hul voorste flikkerligte as “wenkbroue” bo die kopligte aanbied?

Mens wonder ook waar die Merc CLS se amperse regop voorligte vandaan kom. Wel, van Murat Günak af, wat dit eers by Peugeot gewild gemaak het voordat hy Benz toe is, waarna hy Volkswagen se ontwerphoof geword het, net om deur die eks-Alfa-, eks-Seat- en eks-Audi-man, Walter de’Silva, vervang te word.

De’Silva se mooi nuwe Golf 7 – konserwatief, maar propor­sioneel gebalanseerd – is pas op die Paryse Skou bekend gestel en behoort vroegerig in 2013 hier op te daag.

Die ander belangrike nuweling is Renault se Clio 4. En wonder jy oor die agterkant wat op ’n Mazda s’n trek? Wel, hoofontwerper Laurens van den Acker het voorheen vir Mazda gewerk.

Só maal die mallemeule dus voort, en dis maar net die begin; daar’s nog báie stories oor báie ontwerpers en báie vervaardigers te vertelle.

Feit bly egter dat ontwerp-idees deesdae voortdurend gehersirkuleer word. Daarom is dit feitlik onvermydelik dat motorvoorkoms ’n versadigingspunt sal bereik. Gits, as jy nie die dubbelniertjie-rooster van BMW se nuwe Concept Tourer te siene kry nie, kan jy die res maklik vir ’n Mercedes aansien. Of dít, of jou nuwelinge lyk na gekuurde weergawes van die vorige model, soos die nuwe Range Rover van getuig.

Gode sy dank dan dat Wolfgang Egger se nuwe Cross­lane Coupé-konsep darem ’n nuwe Audi-grafiek bekend stel, veral wat die neus betref. En gode sy dank vir Lexus se LF-CC-konsep waarop die volgende IS-model geskoei word. Die IS was nog altyd Lexus se mooiste motor, en as die ware Jakob die konsepmotor se streng lyne, skerp nate en moderne vlakke behou, kan mens selfs aan die Lexus-rooster se korsetgrafiek gewoond raak.

Jaguar se nuwe F-Type? Gelukkig darem ook pragtig, met ’n skoon en selfs vars elegansie.

En dan’s daar die McLaren P1, ’n 715?kW-supermotor wat ontwerp is deur die man wat aanvanklik vir die nuwe Mini verantwoordelik was, Frank Stephenson. Van die Mini se ekstra-reguit lyne, dus, tot by die hake en krulle en swiepe van ’n warrelwind ...

Wat die res betref, moet mens erken dat motorstilering – ná die bloeitydperk wat ’n dekade gelede betree is – nou stagneer. Enersyds is dit weens moeilike finansiële tye; stileerders wil nie, of mág nie, waag nie. Andersyds is die ontwerpers-rondomtalie skuldig; idees word soos wasgoed in ’n tuimeldroër om en om gedraai, tot dit droog is.

Nie dat dit slegte idees is nie. Maar dis nie meer vars nie, wat beteken dat party motors moeg begin lyk, of oorgestileer word. Want kyk, dis net sekere waens – soos Peugeot se Onyx-skoumotor met sy eksotiese koperpanele – wat ’n buitensporige ontwerp met trots kan dra.

binne rapport

Weer
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 12-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 13-30°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 18-33°C More sun than clouds. Hot. PE: 12-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!