Tata, die verlede . . .

2010-02-13 11:14

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

So, wat het ons hier? ’n Motortjie wat aan ’n identiteitskrisis lei? Want op verskillende plekke op sy bakwerk word hy as ’n Tata, ’n Indica, ’n Vista en ’n Ignis geïdentifiseer.

Wel, dis natuurlik omdat hy die Tata Indica Vista Ignis is.

Dis ’n lang naam vir so ’n kortetjie, 5 mm minder as 3,8 meter, van buffer tot buffer.

Maar hier’s die interessante maat: die Tata Indica Vista Ignis – met Vista wat op ’n splinternuwe platform vir die Indica dui, en Ignis wat die hoogste spesifikasievlak verteenwoordig – die Vista Ignis pas 2,470 m tussen sy voor- en agteraste in. Dis nie klasleidend nie. Vir meer agterkajuitruimte rek die Renault Clio genoemde afstand tot by 2,570; net-net beter as die Peugeot 207 (2,540) en Hyundai i20 (2,525).

Die Vista se 2,470 m is egter gelyk aan die nuwe VW Polo s’n. Ons wil ons verder verstout deur te sê dat sy verpakking sodanig is dat dit meer beenruimte in die agterkajuit skep.

Nie sleg nie?

Wel, hier’s wat dit nóg indrukwekkender maak: van al die genoemde outjies is Vista gemaklik die kortste. Dit krimp die draaisirkel en beperk gewig; die Ignis weeg net 1 055 kg; die goedkoper Ini- en Aura-modelle (wat uit ’n aangepaste portefeulje van die oorspronklike Indica spruit) weeg sowat 1 030 tot 1 035 kg.

Dit nou onder meer omdat die Ignis se remskywe voor en -trommels agter met ABS plus EBD toegerus is – iets wat afwesig op die Ini en Aura is. En hier’s ons woord van waarskuwing: hou by motors met ABS-remme.

Tydens noodremtoetse op ’n Chery QQ3 sonder ABS het ons die motortjie byvoorbeeld teen 110 km/h hééltemal verloor toe hy, weens ’n remdrukverspreidingsprobleem, wild – en in minder as ’n oogwink – buite beheer getol het. Oor twee lane het hy getol en ’n sypaadjie getref, met nare gevolge vir die linkervoorwiel en dryfas. ’n Tweede Chery is teen 100 km/h, en weer teen 90, 80 en 70 km/h verloor. Dis eers teen 60 km/h wat ons die tolslag kon vang en beheer.

Dis natuurlik lewensgevaarlik. Wat net een ding beteken: ABS-remme is ’n moet, al het ons tydens vergelykende toetse tussen die QQ3 en teenstanders soos die CitiGolf, Kia Picanto, Hyundai Atos en die vorige Indica sonder ABS nie noemenswaardige remprobleme met die Tata ondervind nie.

Selfs die QQ3 met ABS het redelik – maar belangriker nog, veilig – gerem.

Buiten ABS tel ’n hidrouliese kragstuur (wat lekker draai; nie te lig nie, nie te swaar nie), lugversorging, kragvensters alom, kragspieëls, twee voorste lugsakke, ’n hoogteverstelbare stuur en drywersitplek, voorste en agterste kragsokke en misligte, ’n agterruitontwasemer, radioklank en ’n USB-poort plus afstandbeheerde sentrale sluit as standaardtoerusting op die Ignis.

Nog beter is die enjintjie, Fiat se 1.4-liter Safire-bron (65 kW, 116 Nm) waarvan die blok uit Brasilië na Tata se aanleg in Ranjangoan ingevoer word. Hy’s een van daai ou-skool-kanniedoods, ’n oondjie wat skynbaar vir ewig sal aanhou al saag jy teen 130 km/h op die warmste dag deur die Karoo – wat ons wel gedoen het, teen ’n gemiddelde verbruik van sowat 7.5 liter/100 km. Die vyfganghandrat roei ook maklik, indien effe onreëlmatig wat skuifgapings tussen gange betref.

Beste van alles is egter die Vista se uitstekende ritgehalte op voorste MacPhersonstutte en ’n wringbalk agter; die karretjie is volmaak vir hedendaagse Suid-Afrikaanse padtoestande ingestel. Lekkerder gaan jy nie ry nie, laat staan nog op so ’n kort asafstand.

Swakpunte? Wel, die Ignis bied ’n gemaklike stuuraksie, maar hantering word deur sagte veerinstellings gekniehalter. Die nuwe voorpaneel se sentrale instrumentpaneel maak afstandlesings ook moeilik as die spoednaald net mooi oor genoemde syfers (in ’n aaklige helder kristalblou) swiep of rus – wat dikwels is.

En dis onmoontlik om radiostasies en dies meer in te stel; beheerknoppe en -funksies is eenvoudig so teen-intuïtief in werking dat mens na ’n kort tydjie tou opgooi.

Die res is ’n groot verbetering op die ou model. Nou’s dit net ’n kwessie of jy saam met die voorpaneel se elektroniese muisnes wil lewe, of jy vir ’n Tata in ’n noodsituasie kans sien en of jy nie eerder 10 000 meer vir ‘ hyundai i20 1.4 wil betaal nie.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.