Toyota loshande groenste, wys verslag

2012-01-14 13:39

Toyota Prius se sewe-sitplekker

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toyota Motors Europa (TME) word in die jongste 2010-verslag oor CO2-vrystelling deur die Europese Kommissie en Europese Omgewingsagentskap as die leier in dié bedryf aangewys.

TME se vlootwye CO2-gemiddelde was 112,2 g/km (vir Toyota- sowel as Lexus-voertuie), wat ver onder die bedryfsgemiddelde van 140 g/km en ’n netjiese 16 g/km onder die kommissie se teiken van 128,35 g/km is.

Dié verslag is ’n belangrike deel van die kommissie se pogings om CO2-vrystelling te verminder.

Die 2010- en 2011-uitslae sal as deel van die eerste verslag van dié soort as aanwysers in die bedryf gebruik word om te bereken hoe ver elke vervaardiger van sy 2012-teiken is. In die 2010-verslag word na die 65% van elke vervaardiger se voertuie gekyk wat wat die minste skadelike gas vrystel.

TME se teiken van 128,35 g/km is gegrond op die 564 633 nuwe Toyota- en Lexus-voertuie wat in 2010 in al die Europese lidlande geregistreer is.

TME se vlootwye, gemiddelde CO2-vrystelling in 2010 was 129g/km – net 0,7 g/km bo die maatskappy se eie teiken en reeds minder as die kommissie se 2015-bedryfsteiken van 130 g/km vir 100% van die vloot.

Die verslag bevestig nie net Toyota se leierskap op die gebied van groter omgewingsbewustheid nie, maar beklemtoon ook sy langtermyn-wêreldstrategie ten gunste van skoon en volhoubare mobiliteit deur die bekendstelling en massa-bemarking van voertuie met volledige hibried-tegnologie.

Die Toyota Prius, wat aanvanklik in 1997 in Japan (en in 2000 in Europa) bekend gestel is, was die wêreld se eerste, volwaardige hibriedvoertuig wat in groot getalle vervaardig is en het gou ’n gunsteling geword.

Die Prius kry vanjaar in Europa twee nuwe familielede by – die sewesitplek-Prius+ en die Prius-inprop-hibried.

Die saamgestelde verkope van volwaardige Toyota- en Lexus-hibriedvoertuie het verlede jaar wêreldwyd die kerf van 3,5 miljoen verbygesteek en dit sal nog verder toeneem namate Toyota sy hibried-produkreeks uitbrei.

Meer as 10% van alle Toyota- en Lexus-voertuie wat verlede jaar in Europa verkoop is, was hibriedvoertuie.

Toyota betree vanjaar die eerste keer die B-segment vir kompakte voertuie met sy volwaardige hibriedtegnologie met die bekendstelling van die splinternuwe Yaris-hibried.
Die Lexus GS 450h, wat sy buiging verlede jaar op die Frankfurtse motorskou gemaak het, sal ook vanjaar beskikbaar wees.

Toyota glo hibriedtegnologie is een van die doeltreffendste en mees praktiese maniere om gasvrystlling te verminder en brandstofdoeltreffendheid te verbeter.

Die maatskappy is voortdurend besig om sy beproefde hibriedtegnologie te verbeter deur onder meer die gewig van die batterye te verminder en die doeltreffendheid van sy hibriedsinergie-aandrywing te verbeter.

Toyota is ook besig om nog tegnologie te ontwikkel om sy voertuie se groen mobiliteit te verbeter. Oplossings wissel van bio-brandstof tot elektriese en brandstofsel-voertuie.

Twee nuwe konsepmodelle – die ultra-kompakte en ligte, elektriese FT-EV III, wat uiters geskik is vir kort, stedelike ritte, en ’n brandstofsel-sedan, die FCV-R, wat ’n werkende platform is vir ’n model wat in 2015 bekend gestel word – is op die Tokiose motorskou onthul.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.