Vat vyf

2010-08-21 13:37

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Ken jy quattro-skaak? Dis ’n skaakbord met vier speelkante waarvan elke speelkant nog twee ekstra rye blokkies het.
Spelers verklaar oorlog teen mekaar en dan speel jy in stede van teen een opponent teen drie.

Die stryd tussen die groot luukse sedans laat my aan quattro-skaak dink. En nee, dié skaak het niks met Audi te doen nie. Dit gaan oor die “vier”… quattro is mos die Latynse stamnaam vir vier.

In die karstryd is dit drie Duitse spelers en een… jip, ons reken, Britse speler.

BMW vs. Audi vs. Mercedes-Benz vs. Jaguar.

BMW se 5 was nog altyd een van die vernaamste spelers, hoofsaaklik danksy sy suksesvolle kombinering van weelde en dinamika.

Die vorige 5 se baie be-Bangle-de voorkoms het tog heelwat mense afgesit, want, onthou, die 5 is ’n volumemodel wat nie té radikaal moet wees nie. Die massas met die dik beursies moet nie afgeskrik word nie.

Die nuwe 5 is duidelik ’n wegbeweeg van dié strategie en op foto’s wil ’n mens amper uitroep: “Boring!”

Tot jy die nuwe 5 in lewende lywe ontmoet en besef BMW se openingskuif is sterk. Hier is ’n plan in wording.

Waar die Audi A6 net sy koning wil beskerm deur te verdedigend te speel, weet ons dat ’n wen nie só behaal gaan word nie.

Die Mercedes E-klas se slim skuiwe het hom ’n gunsteling gemaak, en een verkeerde skuif deur die res en die E-klas gaan jou sluk. Maak jy egter die regte skuiwe, het selfs die E probleme.

Dit laat die Jaguar XF. Die XF is soos die Beemer – aanvallend, strategies – maar die afwesigheid van ’n mededingende sessilinder-enjin in dié klas beteken hy gaan ’n skuif opmors wat hom op die agtervoete sit. Jy kom nie by skaakmat uit as jy net verdedig nie.

Dit laat ons dus met die 5: Die kombinasie van wat alles in dié klas verwag word, in die regte hoeveelhede opgedis.

Aanvallend, strategies. Steeds die E4-openingskuif, maar daarna boelie jy jou weg oop en speel die een opponent ná die ander van die bord af.

Dis hoe goed die nuwe 5 is. Nie net lyk hy goed nie, maar dis hoe hy dit doen wat werklik beïndruk. Die voorkoms mag dalk ’n tikkie konserwatief wees, maar ten minste sal dit nie so wyd aanstoot gee soos sy voorganger nie.

Die nuwe 5 is plat, laer as wat jy dink en as jy vinnig kyk, kan jy dit dalk selfs vir ’n 3-reeks aansien. Kompak sonder om beknop te wees binne. Inteendeel, voldoende ruimte vir die klas. Veral die voorkant, met die neusgedeelte wat langerig vertoon (dink aan BMW se Concept Gran Coupé wat vroeër vanjaar in Beijing, China, vertoon is).

Die niertjiesierrooster staan ook meer prominent uit teenoor die lighulse aan albei kante, amper soos?Volvo’s?deesdae neig. Dít, tesame met die kontoere van die enjinkap, laat die 5 doelgerig lyk. Nie net aggressief soos die vorige een nie en ook nie soos ’n vriendelike labrador ’n paar generasies gelede nie.

Die ritgehalte is eersteklas en sonder enige verstellings wat die vering fermer kan maak, sal ek dit moeilik vind om die verskil tussen die 5 en ’n E agter te kom as dit by ritgehalte kom.

Wat BMW ook reggekry het, is om ondanks dinge soos pap­rybande (wat vir baie stamp verantwoordelik is) ’n eersteklas ritgehalte te verseker, selfs op minder goeie paaie.

Voeg daarby eersteklas hantering, wat nog beter word as jy begin om die sportverstellings in trappe van vergelyking te kies. Moet sê dat vanweë die lang lys opsionele toerusting op die toetskar veral die hantering­aspek moeilik in die fynste besonderhede beskryf kan word vir die standaardmodel sonder al die opsies. Hy skrik egter nie vir ’n draai nie en deur jou sitvlak en hande gesels die Beemer met jou.


Van opsionele toerusting gepraat: Ons praat van BMW se Dynamic Damper Control-, Active Steering- en Dynamic Drive-stelsel, wat alles hantering beïnvloed. Terloops, die opsies op ons toetsmodel was ’n verstommende R306 850… amper die prys van ’n 3-reeks. Buiten dit wat reeds genoem is, het dit elke denkbare luuksheid ingesluit: van die deur wat self toesuig as dit nie behoorlik toe is nie, waarskuwingstelsels vir die bindekolle, oprol-sonskerms, nagsigtoerusting en nog ’n stuk of 30 ander dinge.

Natuurlik kan al die geriefies en ekstras ’n mens se aanvanklike waardeoordeel van die voertuig beïnvloed, maar dit is ook lekker om te sien watter tegnologieë en gerief-items beskikbaar is, en natuurlik hoeveel geld die Duitse karvervaardigers uit ekstras maak. Ek kan eerlik sê ek sou dit nie anders wou gehad het nie… Enige burgemeester se droom.

Die enjin in die toetsmodel was die verbeterde weergawe van BMW se bekroonde 35i-enjin wat met sy twee turbo-aanjaers ’n paar jaar gelede soveel lof ontvang het, hoofsaaklik vanweë sy gladde kraglewering van baie lae toere en breë kragleweringskurwe.

Nou span BMW net een (groter) turbo in, het hier en daar iets gedoen en siedaar: meer wring teen laer toere, minder uitlaatgasse, beter verrigting en minder petrol wat gebruik word.

Voeg daarby BMW se nuwe dubbelkoppelaar-ratkas (sonder ’n koppelaarpedaal) met agt gange wat soomloos en supervinnig oorskakel.

Wie gaan eerste wees met ’n ratkas met nege gange en waar gaan dit eindig, wonder ’n mens. Hoeveel is dan nou genoeg?

Wat meer kan ’n mens sê? Waar die vorige 5 net ’n deelnemer in ’n oorlewingstryd was, dink ek die nuwe 5 is dalk die een wat skaakmat gaan verklaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.