'n McLaren in Senna-geel

2012-10-13 15:00



Onthou nou eendag waar jy dit eerste gelees het: in Rapport. Nie dat McLaren die afgelope week die Spider-afslaankap-weergawe van hul formidabele MP4-12C in ­Johannesburg bekend gestel het nie – dít weet jy waarskynlik al – maar dat McLaren reeds toestemming van die Senna-familie gekry het om ’n nuwe kleur op hul motors bekend te stel, naamlik Senna-geel.

Uiteraard dan, sal dit dieselfde skakering wees as die geel wat van’t begin tot einde van sy loopbaan op Ayrton Senna se kophelms gepronk het, die geel van die Brasiliaanse vlag.

Die raaiskoot is dat McLaren hierdie geel op hul formidabele nuwe P1 bekend sal stel, ’n 715 kW-supermotormonster waarvan ’n skou-weergawe laas week op die Paryse Motorskou getoon is, en waarvan Rapport juis ’n foto geplaas het.

Die P1 word van volgende jaar af in ’n nuwe aanleg te McLaren se Paragon-hoofkwartier in ­Woking, net buite Londen, gebou. Die produksie-weergawe sal nie veel van die skoumotor verskil nie. Buiten ongelooflike krag, is die groot nuus dat die P1 vyf maal meer – lees weer: vyf maal meer – afwaartse druk-en-suigkrag as die 12C sal ontwikkel. ’n Groot uitdaging vir McLaren was ook om goeie druk-en-suigkrag teen lae snelhede, in die orde van 120 km/h, te ontwikkel.

Die P1 is Frank Stephenson se eerste ontwerp vir McLaren. Stephenson was omtrent ’n dekade gelede vir die eerste Nuwe Mini verantwoordelik, waarna hy – raai – vir Ferrari gaan werk het.

Nou’s hy in Woking, hierdie malkop Amerikaner. Of dís wat almal dink – dat hy ’n Yank is. Maar hy is nie. Stephenson is in Marokko gebore. Sy pa was ’n Noorweër en sy ma Spaans.

Hier’s ieder geval die punt: Frank se vis. Ten tyde van my Paragon-besoek sowat ’n anderhalfjaar gelede het Stephenson my op tipiese entoesiastiese manier van sy besoek aan die Karibiese Eilande vertel, waar hy onder meer deur die seilvis betower is.

Hoe kry so ’n vis dit reg om teen 110 km/h deur die water te klief? Want goeie genugtig, dis omtrent die spoed wat ’n jagluiperd op droë land haal!

Frank het ’n opgestopte seilvis terug Engeland toe gevat en vir ’n ontleding van data gevra, onder meer deur McLaren se F1-lugdinamici. Wat hulle gevind het, is dat die vis se driehoekige skubbe klein lugwarrelingtjies en -holtetjies skep sodat water nie aan die vis raak as dit vinnig beweeg nie, en dat die vis inderwaarheid ook deur hierdie lugleegtetjies vorentoe gesuig word. Stephenson het hierdie beginsel klaar op sekere areas van die P1 toegepas.

En ja, Frank het ook ’n vinnige – maar verstommend akkurate – skets van die 12C gemaak wat nou in my studeerkamer hang. Hy’s skeppend en kuns­tig, hierdie malkop – iets wat McLaren oor die volgende paar jaar nodig gaan hê om hul belofte gestand te doen om nie net die wêreld se beste sportmotor te bou nie, maar ook die planeet se beste sportmotorreeks.

Die 12C, seg hulle, het reeds ’n punt bewys. Die Daytona-groep, wat McLarens (asook Aston Martins en Rolls-Royces) invoer, bemark en verkoop, seg dat die 12C-koepee vier sekondes vinniger om Kyalami as ’n Ferrari 458 is. Dieselfde bestuurder, dieselfde dag, direk ná mekaar: 1?minuut 47 sekondes versus 1 minuut 53 sekondes.

Nou’s die afslaankap, genaamd MP4-12C Spider, ook hier. En met sy opvoubare metaalhoed is hy, dak op of af, eintlik mooier as die koepee. En nieteenstaande ’n ekstra 40 kg (die koepee weeg 1 300 kg), feitlik nie ’n duit stadiger nie: Albei blits 0-100 km/h in 3.1 sekondes flou, maar die koepee is effe vinniger van 0-200 km/h: 8.8 sekondes teenoor 9.0 sekondes, terwyl topsnelhede teen 333 km/h en 328 km/h inklok.

Die ekstra gewig is ook nie om die 12C se struktuur te versterk nie: Die motor is van meet af aan as afslaankap ontwerp. Nee, die ekstra gewig het dus alles met vou-meganismes en dies meer van daai dakkie te doen.

McLaren het ook die geleentheid gebruik om ’n paar klein veranderinge en verfynings aan die oorspronklike 12C te maak. Ten tyde van my toetsrit destyds in Engeland, en onlangs weer in Suid-Afrika, het die koepee se ratspane agter die stuurwiel ’n uiters ferme trek- of druk-aksie benodig om op- of afskakelings te bewerkstellig. Daar dit onnodig lastig was, het McLaren die skakel-aksie nou ligter gemaak.

Ongelukkig was dit soms ook moeilik om die sensor waaroor jy jou hand moes gly om ’n deur van buite oop te maak, te aktiveer. In die plek daarvan het McLaren nou ’n klein swart drukknoppie geïnstalleer – minder elegant, maar hopelik meer funksioneel.

Nes die koepee, dryf die 12C Spider se 3.8 liter-V8 met dubbele turbo’s natuurlik ’n enorme 450 kW en 600 Nm na die agterwiele. Van die koepee, wat ’n jaar gelede in Suid-Afrika bekend gestel is, het Daytona al 33 eenhede verkoop, terwyl daar reeds nege bestellings op die Spider geplaas is. Die eerste aflewerings aan kliënte vind vroeg volgende jaar plaas.

Die koepee kos R3,3 miljoen; die Spider R3,65 miljoen.

* Net laas week nog het ons oor die stagnasie in motorstilering geskryf.

Mooi bly egter mooi, en dis hoekom ons vandag meegaande pragfoto’s van die nuwe Maserati GranTurismo Sport en Ford Focus ST plaas.

Wanneer ons hulle gery het, vertel ons meer.






Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Consuultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Consultants

Sunnyside
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!