Izak Bergh, Marchand

Rapport-gebruiker

ANC baar self ‘giftige kommentaar’

deur Izak Bergh, Marchand 2012-08-19 00:19

Prof. Jakes Gerwel se rubriek Die Ander Kant (Rapport, 12?Augustus) handel soos dikwels tevore oor die belangrikheid van die “openbare gesprek”.

Sy vele woorde kom kortliks daarop neer dat hy bekommerd is oor die “kru”, aanstootlike dinge wat die verskillende taal-, politieke en rassegroepe vir mekaar sê en dat dit nie eenheid en same­horigheid bevorder nie.

Die Afrikaanse koerante se “toon” van beriggewing word uitgesonder as nie-bydraend tot versoening en nasiebou.

Hy sê woorde is “spraakdade” wat dikwels “bepalend” is van gedrag en Polokwane het “destruktiewe” politieke gedrag laat opvlam wat dikwels uitdrukking vind in hoe daar gepraat word (sonder respek) en dit het bygedra tot die ANC se deurmekaarspul.

Dit mag waar wees wat hy sê, maar die hoofoorsaak van negatiewe en giftige rapportering en kommentaar spruit uit die ANC-leierskap se optrede, of gebrek daaraan, en hul wanbestuur wat nou besig is om die land in ­chaos te dompel. Wat gesê word, is belangrik, maar dit sou nie naastenby soveel gewig gedra het as daar ordelike, doeltreffende regering was nie.

Dis dinge soos grootskaalse korrupsie, tenderbedrog, swak dienslewering en algemene verval wat verhoudinge en versoening beduiwel en lei tot moddergooiery.

Prof. Gerwel, hoekom moet koerante respek toon aan immorele hebsugtiges (“hiënas”, volgens Zwelinzima Vavi)?

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 10-26°C Rain late. Partly cloudy. Warm.
Jhb: 7-20°C Numerous showers. More sun than clouds. Mild. Bfn: 1-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C More sun than clouds. Cool. PE: 9-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!