Dosent, Port Elizabeth

Rapport-gebruiker

ANC sal gou moet besin oor Zuma

deur Dosent, Port Elizabeth 2012-09-09 01:16

Politieke ontleders het die afgelope tyd baie gefokus op die morele bankrotskap van die ANC.

Daar is onder meer verwys na die wyse waarop die staat swart ekonomiese bemagtiging bedryf en dat dit in die praktyk neerkom op nepotisme, baantjies vir boeties en korrupsie.

Die ontleders het verder gemeld dat die ANC die landsbestuur as ’n instrument vir die akkumulasie van mag en persoonlike verryking beskou.

Baie van hierdie wanpraktyke waarop gefokus is, vind vergestalting in die persoon van Jacob Zuma.

Die kernprobleem wat Zuma betref, is die feit dat hy nie landsbelang eerste stel nie. Die begrip “Suid-Afrika eerste” kom nie in sy woordeskat voor nie. ’n Mens kry al hoe meer die indruk dat hy selfs nie die belange van die ANC voorop stel nie. Daar is geen twyfel meer nie dat Zuma sy eie, selfsugtige belange voorop stel.

Zuma is dus ’n blok aan die been van die ANC. Hy word in ’n toenemende mate ’n meulsteen om die nek van die party, wat klaarblyklik self al hoe kriewelriger raak. Alles dui daarop dat die ANC by ’n kruispad staan. Die vraag wat die ANC vir homself moet stel, is hoe lank Zuma as president van die party geduld moet word.

Vir solank Zuma president van die ANC is, sal die ANC moreel bankrot bly. Wat dié magtige party nou nodig het, is leiers met moed en integriteit wat bereid is om op te staan en voor die wêreld te verklaar: Genoeg is genoeg!

Voortspruitend hieruit is Suid-Afrika besig om al hoe meer die eienskappe te openbaar van ’n mislukte staat.

Die land gaan op velerlei terreine die kreeftegang. Met Zuma as president is die land in ’n groot mate leierloos. Daar gaan van hom ook geen besieling uit nie.

Trouens, hy is besig om ’n bespotting en ’n verleentheid te word.

Trevor Manuel se beplanningsbloudruk vir Suid-Afrika sal op die rak bly lê en stof vergader vir solank Zuma president van die land is.

’n Mens kan maar net hoop dat die ANC betyds tot sy sinne sal kom en die belange van Suid-Afrika en ál sy mense voorop stel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.