R. van Jaarsveld, Centurion

Rapport-gebruiker

Afrikaner-toekoms verbind aan hele SA

deur R. van Jaarsveld, Centurion 2012-07-21 23:58

Die vraag in Rapport Weekliks (15 Julie) of Afrikaners “rigtingbedonnerd” is, moes onvermydelik interessante debat ontlok.

Dat die meeste van die “leiers” te kenne gee dat almal eintlik saamstem, maar net verskil oor metodes, is myns insiens ’n ontkenning van beduidende verskille. Dit is belangrik dat mede-Afrikaners hierdie klemverskille sal raaksien omdat dit belangrik is vir die toekomspad wat ons gaan kies.

Pieter Mulder se keuse is dié van politieke deelname: ’n Doodloopstraat, in ag genome die werklikheid van die land se demografie. Politiek gaan oor getalle en in dié opsig sal die Afrikaner as ’n klein minderheid geen impak maak nie. Dis deeglik bewys sedert 1994. Tereg word na Mulder verwys as ’n opportunis. Hy is afkomstig uit ’n politieke huis, maar besef nie politiek sal die Afrikaner nêrens bring nie. Die 2014-verkiesing sal waarskynlik die einde van hierdie doodloopstraat beteken.

Dan Roodt, na wie verwys word as die ekstremis, meen ’n volkstaat is die antwoord. Hierdie onrealistiese droom mislei Afrikaners oor die pad vorentoe, want dit is gewoon ’n onrealistiese en onhaalbare droom. Orania het dit bewys; net ’n bitter klein minderheid Afrikaners wil daarheen verhuis. Ekonomiese werklikhede maak dit nie ’n opsie nie. Daar is groter, nie-amptelike “volkstate” binne die groter Suid-Afrika. Dan woon self in so een.

Steve Hofmeyr, die populis, tree as selferkende Afrikaner-aktivis daadwerklik op in belang van die Afrikaner. Hy staan op vir ons regte, maar wil by die nuwe Suid-Afrika hoort. Hierdie opsie is haalbaar, realisties, eerlik en dapper. Ek kan my maklik daarmee vereenselwig.

Steve is versigtig, maar moet ook weet mens kan nie op al die stoele gelyk sit nie. Eerlikheid vereis dat ons mede-Afrikaners sal ontmoedig om radikale praatjies te maak.

Flip Buys, met Solidariteit en AfriForum, bied waarskynlik die beste opsie. As ’n beduidende kulturele minderheid is die Afrikaner se toekoms ten ene male verbonde aan die toekoms van die groter Suid-Afrika, maar dan buite die formele politiek.

Die Grondwet is daar om die individu en dus minderhede se regte te beskerm en as dit geminag word, is die howe daar om dit af te dwing.

Kulturele minderhede, soos die Joodse, Portugese en Griekse gemeenskappe, oefen hul individualiteit uit binne die groter gemeenskap, sonder deelname as groep aan die politiek. Hierin lê tans waarskynlik ook ons heil.

Die najaag van ’n onrealistiese utopie en ligsinnige oorlogspraatjies is bloot misleidend en gevaarlik. Kom ons raak volwasse as volk en tree op met waardigheid binne die werklikhede van ons geliefde vaderland.

Laat ons die regte opsies uitoefen; ter wille van oorlewing, en ook van ons nageslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.