Dr. Louis Burger, Windhoek, Namibië

Rapport-gebruiker

Afrikaners het ’n goeie toekoms in Suid-Afrika

deur Dr. Louis Burger, Windhoek, Namibië
2012-01-28 13:35

In die laaste dekade of meer het ’n stroom briewe, klagtes en treurmares in die media verskyn oor die arme Afrikaner se toekoms. Die Afrikaners se posisie verswak aanhoudend, dit gaan ekonomies al hoe moeiliker, daar is geen sterk liggaam of organisasie wat namens die Afrikaners praat en veg nie, ons jong mans (en oues) staan heel agter in die ry vir werk en bevordering weens swart ekonomiese bemagtiging (SEB), die Afrikaners het polities nie meer ’n rol te speel nie, ensovoorts.

Daarmee saam word die agteruitgang met wanhoop betreur oor kwessies soos korrupsie, verlies aan ’n goeie peil in die onderwys, hopelose bestuur en swak dienslewering, paaie vol slaggate en ander klagtes en probleme.

As gebore “uitlander”, maar tog mede-Afrikaner van Namibië, het ek twee weke in Gauteng deurgebring, rondgereis en met mense uit verskeie sektore gesels. Hier volg ’n paar algemene waarnemings:

Die stelsel van snelweë en sekondêre paaie in Gauteng is ’n absolute plesier! Mense kla nog oor opeenhopings en vertragings, maar dis gewoonlik ná ’n ongeluk of kom by konstruksiewerk voor. Daarmee saam is die Gautrein doeltreffend en ’n plesier om te gebruik. Dus, wees dankbaar, geniet en waardeer jul vervoerstelsel. En betaal maar jul tolgeld, mits dit aangewend word om die peil van paaie te handhaaf en te verbeter.

Die opvallende ekonomiese welvaart waarin ’n groot persentasie jong en middeljarige Afrikaners leef, word weerspieël in die duur motors op die paaie, die weelderige huise (kastele?) in die nuwer woonbuurte of estates, die top-skole wat nuut verrys en deur die ouers gefinansier word en die geratel van vol winkeltrollies in die groeiende aantal winkelsentrums waar elke re­stau­rant in die mall uitstekende sake doen. Kyk jy om jou rond, sien jy vooruitgang.

Ek het gelukkig die kans gehad om ook ’n kykie te kry in die geestelike lewe, en dit het my nog meer beïndruk en bemoedig. Komende uit ’n agtergrond van tradisionele Afrikaanse kerke is ’n ouer mens soos ek van nature effens versigtig vir die nuwer, meer ope en ontspanne kerklike benaderings.

Tog is dit wat die jonger Afrikaners in die stad aantrek. Die diens wat ek in ’n “kerk sonder mure” bygewoon het, was tegelykertyd ’n inspirasie en ’n duidelike bewys dat ons jonger Afrikaners opreg is in hul geloof, dat hulle met groot toewyding saamkom om hul Here te vereer en te dien en dat hulle nog in die jaar 2011-’12 leef met die Christelike waardes en norme wat deur die eeue vas gestaan het.

Dit is waar die Afrikaner se oorlewing en toekoms in Suid-Afrika lê: in vaste geloof en ’n lewe volgens ewigdurende waardes, gekoppel aan eerlike, harde werk en deursettingsvermoë.

As die Afrikaners dan nie polities georganiseerd is nie, of nie meer in massas aan kultuurfeeste deelneem nie, versterk dan steeds die geestelike samehorigheid. Leef saam as gelowiges, ken mekaar, versterk mekaar en dra mekaar deur ’n lang en moeilike fase.

Wat ek gesien en beleef het, oortuig my dat ’n goeie toekoms vir my volksgenote in Suid-Afrika voorlê.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
126 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.