- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Alewig ‘nie my skuld’
deur Izak Bergh, Marchand
2013-02-23 23:00
Sondebokmaking, verskonings, skuldontkenning en slagoffer speel is algemene verdedigingsmeganismes onder mense, maar by die ANC-alliansie het dit ’n refleksaksie geword. Dit kom ná kritiek, beskuldiging en teregwysing of wanneer skemas en planne misluk, soos gewoonlik die geval is.
Alle drankmisbruik en wat daarmee gepaardgaan, is die dopstelsel se skuld. Gewelddadige gedrag en moord is apartheid se skuld toe ’n kultuur van geweld gekweek is wat blykbaar van geslag tot geslag oorgedra word en daagliks vererger.
Die mislukking van die onderwys is ook apartheid se skuld, want die swart mense het toe “minderwaardige” onderrig ontvang en kan nie nou aanpas by die “goeie” onderwys nie. Die owerhede moet nou die vereistes en standaarde verlaag om almal deur gr. 12 te kry.
Vele ander goed soos armoede, werkloosheid, ongelyke verdeling van grond en rykdom, korrupsie, verkragting, dwelmmisbruik, kinderverwaarlosing ensovoorts spruit alles uit die verlede.
Net die slim ANC-elite kon blykbaar hierdie struikelblokke oorkom en magnate oplewer.
Dit wil ook voorkom of alles vererger hoe verder ons wegbeweeg van die verlede. Het iemand ’n verklaring hiervoor?