Koot Bosman, Pretoria

Rapport-gebruiker

Belhar-voorwaarde soos pistool teen kop

deur Koot Bosman, Pretoria 2012-10-13 23:14

Dit is inderdaad so: Daar is werklik ’n verskil in siening tussen die jonger en ouer generasies NG Kerk-teoloë en -lidmate oor kerkhereniging en Belhar (Rapport, 7 Oktober: “Belhar: Daar is niks om oor te praat nie”).

Die jonges beleef kerkeenheid en Belhar anders. Dit is begryplik. Hulle behoort immers anders te voel en dink oor sake waarvan hulle as jonger generasie die agtergrond nie ken en verstaan nie.

Dit is egter nodig om perspektief te behou.

Wat hulle dalk in hul onbegrip kan help verstaan, is om dié vraag te probeer beantwoord: Waarom is die Belhar-dispuut reeds ongeveer 30 jaar lank hoegenaamd op die tafel?

Politieke bymotiewe agter die skepping van die Belhar-belydenis word deurgaans emfaties ontken. Dieselfde Rapport-berig bevestig egter implisiet die politieke begronding van die belydenis wat deur die jare in die NG Kerk aangevoel word: Die VGK weier om met die NG Kerk te verenig as die Belhar-belydenis nie deur laasgenoemde aanvaar word nie.

Anders gestel: Ek hou ’n pistool teen jou kop; doen wat ek sê.

Dit is weliswaar ’n houding lynreg teenoor die pragtige Christelike beginsels waarop Belhar gebaseer is. Die NG Kerk het die suiwer Christelike grondslag van Belhar nog deurgaans bevestig, asook die behoefte aan kerkeenheid.

’n Wenk aan die jonger NG predikante: Help eerder die ouer geslag om die VGK van sy onchristelike houding te laat afsien sodat die noodsaaklike kerkeenheid spoedig werklik kan word in ’n Christelike gees van wedersydse vergifnis, vertroue, liefde en eensgesindheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.