- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Berig wek mooi herinneringe
deur Marius (Mais) van Reenen, Roodepoort
2012-08-17 16:09
In “Kyk na verlede voor jy ‘n -isme volg” (Rapport Weekliks van 12 Augustus 2012) vertel dr. Costa Georghiou onder andere van sy negatiewe ervarings as kind op Harrismith.
Costa se ouma Koekie en ma Toetie was albei Afrikaans (daar is ‘n familieverband tussen Koekie en my ma Dorothy) en sy suster Venessa is getroud met ‘n vriend, Andre Viviers.
Die Georghious was ons direkte bure op die dorp en Costa se broers Llewellyn, Eugene en ek het saam gekuier. André, Costa se pa was lid van die Rotariërs en ‘n bekende besigheidsman op die dorp. Die gesin was geliefde mense.
Ek het my skoolloopbaan op Harrismith voltooi en daarna vir etlike jare daar gewerk en is verbaas oor die tipe ervarings waarna verwys word. Die skool was dubbel medium en het ook opvoeding verskaf aan talle Griekse, Portugese en Joodse kinders. Verskeie godsdienstige groeperings was dus aan die orde van die dag. Die betrokke skoolhoof het wel ‘n dissiplinerende aanslag gehad.
My herinnering aan die dorp, waar my familie diep spore getrap het, bly wonderlik.