Anton de Villiers, Kempton Park

Rapport-gebruiker

'Bose' ontgroening?

deur Anton de Villiers, Kempton Park
2012-02-01 14:07

Ben Gad van Welkom se brief in Rapport van 28 Januarie 2012, “Dit bly bose ontgroening” verdien eintlik nie ‘n reaksie nie, maar ek sal my gewete verkrag as ek nie daarop reageer nie.

Dit is duidelik dat dit sy eerste kind is wat is wat by ‘n universiteit studeer. Dit is jammer dat hy hom in die media uitlaat oor ‘n hartseer-saak wat tans in ‘n ondersoek-fase is en waar geen of min feite rondom die tragedie bekend is en waarvan die uitslag nog afgewag word. Miskien word hy nog wreed ontnugter oor die omstandighede rondom die verdrinking.

Twee van my dogters het by die PUK gestudeer en hulle floreer.  Die derde en jongste dogter is tans in haar derde jaar en ook ‘n huiskomitee lid verantwoordelik vir die Ontmoeting en Bekendstelling (O&B) van die eerstejaar studente by haar koshuis. Ontgroening is al jare nie meer ‘n “tradisie” nie. Eerstejaars by ‘n universiteit is matrikulante wat op hoërskool “senior”-status gehad het. Nou beland hulle in ‘n akademiese inrigting tussen duisende studente (anders as die paar honderd by sy/haar skool) wat totaal en geheel verskil van die skoolkultuur. Hierdie “kinders” is nou skielik volwasse mense wat in ‘n total ander situasie moet aanpas. O&B is presies wat dit sê, meneer Gad, Ontmoeting en Bekendstelling – niks meer nie en niks minder nie. Huiskomiteelede offer weke van hul vakansie op om vooraf-weldeurdagte beplannings vir die bekendstelling van eerstejaars uit te werk. Geen senior student word tydens O&B by eerstejaars toegelaat nie – slegs HK-lede mag met die eerstejaars werk in die eerste twee weke. Alle senior studente word verder vooraf deeglik ingelig oor menseregte en oor wat, en wat nié, mag gebeur en dit word met groot erns deur die PUK-bestuur bejeën en toegepas.

Wag tot jou kind klaar studeer het en vra dan: het O&B in jou eerste jaar vir jou iets beteken? Ek kan jou verseker dat die kans 99,999% is dat hy/sy “ja” gaan antwoord.

Wat die tragiese gebeure by UJ (Universiteit van Johannesburg) aangaan: Dit het op die aarde niks te doen met O&B nie. Dit gaan oor studente wat oningelig is oor die registrasieprosesse by tersiêre instellings en daarvoor moet jy maar die minister van onderwys aanspreek wat nie toesien dat skoliere by hoërskole behoorlik ingelig word op prosesse wat gevolg moet word vir voortgesette studies nie! Om die voorval voor UJ se deur te wil lê, grens myns insiens aan die belaglike.

Laastens mnr. Gad, indien jy so begaan is oor die O&B program by jou kind se Universiteit, moenie jou in die pers uitlaat oor ‘n saak waarvan jy die agtergrond nie ken en só probeer om jou kind se universiteit se naam deur die modder  te sleep nie. Ek is doodseker die rektor, prof. Herman van Schalkwyk, sal jou met graagte te woord staan; vra net.

Die dag wanneer jou kind by die PUK afgestudeer het, (as dit so gebeur) sal hy/sy vir jou sê: Pa, eenmaal ‘n PUK, altyd ‘n PUK!!

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.