- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Bybel dié eindtydboek
deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes
2012-08-12 00:07
In “Dood van planeet Aarde” (Rapport Boeke, 5 Augustus) beweer Johannes Bertus de Villiers Die groot planeet Aarde – wat is sy toekoms? is die suksesvolste Afrikaanse boek oor eindtye.
Nee, die suksesvolste boek is die Bybel. Die Nuwe Testament, en veral Openbaring, gee volledige inligting.
Aan die begin van die millennium sal Christus uit die hemel neerdaal met die stem van ’n aartsengel waarna die regverdige dooies wat in Christus gesterf het opgewek word en in die wolke saam met Christus weggevoer word (1 Tess. 4:14-16).
Daarna word die lewende goddeloses en ongehoorsames uitgedelg (2 Tess. 1:7-10).
Laastens sal ’n engel uit die hemel neerdaal en die draak gryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hom duisend jaar lank bind sodat hy die nasies nie meer verlei nie (Openbaring 20:1-3).
Aan die einde van die millennium sal die goddeloses opgewek word en Satan uit sy gevangenis gelaat word. Die nuwe Jerusalem daal dan neer uit die hemel.
Satan versamel die goddeloses vir oorlog, maar word deur die vuur van God vernietig waarna ’n nuwe hemel en aarde gevestig word (Openbaring 20, 21).
Ja, dieselfde Satan wat die sinode en sommige dominees beweer bestaan nie!