- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
‘Casper bly vulgêr’
deur Theuns Botha, Boshof
2012-01-28 13:35
Ek was nooit ’n Casper de Vries-aanhanger nie. Ek het altyd gedink hy is te platvloers, vulgêr en onder die belt na my smaak.
Ek verneem dat hy eenmaal met ’n vertoning op die verhoog ’n bespotting gemaak het van Racheltjie de Beer. As ek in die gehoor was, sou ek hom op die verhoog te lyf gegaan het! Ek gee nie om wat die gevolge daarvan sou wees nie!
Wat sy gedoen het, verstaan hy natuurlik nie.
In Windhoek is hy aangespreek oor sy swak smaak en toe het hy natuurlik ’n toets gedop met sy uitbarsting teen die Christene.
Ek weet hy het ’n goeie sin vir humor en kan ook ’n gehoor aangenaam besig hou met skoon humor. Daarom het ek Saterdagaand uitgesien na sy program Casper rasper weer.
Ek het besluit ek gee hom ’n skoon blad om op te skryf.
Wat ’n gemors! Ek wil nie uitwei nie. Wat my baie verbaas is dat kykNET plek en tyd daaraan afstaan!
Hy is vir my as Afrikaner ’n groot verleentheid. Dis nie hoe ons is nie! Wil kykNET hom nie maar stop nie?