- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Christelike universiteit haalbaar
deur Rob van der Kooy, per e-pos
2012-08-25 22:56
Na aanleiding van ’n seminaar het verskeie media (Rapport, Kerkbode en RSG se Kerknuus) verlede week berig oor die vraag of daar ruimte of selfs noodsaak is vir ’n Christelike universiteit in die land.
In ’n meningspeiling in Rapport was 74% van meer as 3?000 mense wat gereageer het, ten gunste daarvan. Maar die kommentaar van enkelinge daarby was buitengewoon giftig negatief.
En natuurlik is die raskaart gespeel: Dis net ’n manier om ’n wit universiteit te stig, is aangevoer.
Verlede week was ek by ’n konferensie van die Association Christian Schools International in Benoni waar sowat 30 Afrika-lande se onafhanklike Christelike skole en universiteite verteenwoordig was. Van Nigerië en Kameroen tot Kenia was daar geen enkele twyfel dat ’n Christelike universiteit noodsaaklik en moontlik is nie. Trouens, daar is reeds ’n hele paar in Afrika. Nie spogplekke nie; wel uit en uit Christelik. As daar so ’n universiteit (Engelstalig) in Suid-Afrika gestig word, sal ’n gejuig oor die hele Afrika opgaan.
Ons moenie dat sekulêre proffies, wat alewig aanvoer die Afrikaanse volk (en universiteite) is steeds Christelik, ons om die bos lei dat ’n universiteit vir Christelike opleiding kan sorg en ook ’n ANC-kursus aanbied (Beeld, 20 Augustus), versoenbaar kan wees nie.