Johan Barnard, Pretoria-Noord

Rapport-gebruiker

DA-plakkaat misken diversiteit

deur Johan Barnard, Pretoria-Noord
2012-02-04 14:43

Helen Zillle verdedig die DA-jeugvleuel se tussenrassige erotiese plakkaat, want sê sy, volgens Rapport van Sondag, 29 Januarie, die DA glo in oop geleenthede, diversiteit, versoening en regstelling. Sy sal ook nie die jeugvleuel oor sy keuse van die plakkaat tot orde roep nie.

Zille en die DA toon hiermee beperkte begrip van die betekenis van diversiteit en versoening. Deur diversiteit onderskryf jy die erkenning en beskerming van ? verskeidenheid van gemeenskappe. Versoening impliseer op sy beurt gesonde betrekkinge tussen gemeenskappe – gemeenskappe waarvan die integriteit en permanensie erken word. Zille en die DA staan nie diversiteit voor nie, maar assimilasie. Assimilasie is die teenoorgestelde en die vernietiger van diversiteit. Zille verdedig dus die banale en blatante propagering van assimilasie.

In haar reaksie op die plakkaat sê Zille verder dat die DA regstelling voorstaan, waarmee sy dus sê dat interras-seks vir haar en haar party die versinnebeelding van regstellings is. Assosiasie met inbegrip van erotiese assosiasie tussen mense van dieselfde ras – tussen wit en wit of swart en swart - voldoen klaarblyklik gevolglik nie aan Zille en haar party se beeld van regstelling nie. Die assosiasie moet juis soos die DA-plakkaat dit uitbeeld, tussenrassig wees om Zille se beeld van regstelling te bevredig.

Met hierdie plakkaat en Zille se ondersteuning daarvan is die DA se intellektuele en ideologiese bankrotskap grafies gedemonstreer. Daarmee het die DA ook my stem, wat ek herhaaldelik vir die party uitgebring het, verbeur. Voortaan sal ek as Afrikaner uitsluitlik verdienstelike burgerlike organisasies ondersteun.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.