- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Daar is min te vier in ANC se herdenkingsjaar
deur Hentie Jordaan, Centurion
2012-01-21 13:19
Ons is in die ANC se eeufees-jaar. Miljoene rande word bestee om hierdie mylpaal te vier.
As die opmerkings van kommentators, saamgelees met Max du Preez se boek Dwars in ag geneem word, was die swart leierskorps van die verlede hoogs verdienstelik.
Swart leiers voor 1912 gryp die verbeelding van Du Preez aan; ook het ANC-leiers ná die 1912-partystigting wêreldaansien en -erkenning verwerf.
Wat het intussen gebeur?
Net dit: Die ANC-leierskorps moes uit die gemaksone van die rustig filosofiese, aktivisties gedrewe atmosfeer die leisels as regeerders van ’n heterogene demokrasie oorneem – sonder enige CV van sukses in dié liga.
Die stemvee kom – sonder dat daar die geringste poging was om hulle “aan hulle skoenrieme op te trek” (Tim du Plessis) – in ruimtes van vryheid wat hulle glad nie kan hanteer nie. Die resultaat is verval oor die hele wye spektrum van die landshuishouding.
Onder ANC-regering het dié land geen vooruitsig om weer onder die eerste 20 in die wêreld getel te word wat lewensgehalte, infrastruktuur en beleggingsvertroue betref nie.
Wat het die organisasie dan 100 jaar lank aanmekaar gehou?
Die eerste 80 jaar uiters verhewe filosofieë van uiters verdienstelike kultuurgebonde leiers en aktiviste, maar onder die sambreel van ’n ordelik funksionerende samelewing – hier ter plaatse of tydens die struggle in die huisvestingslande. Beslis nie die dissipline uit eie karakter en eie geformuleerde riglyne nie. Geen reël wat orde waarborg word gehoorsaam nie; noodlottige uitkomste is nie die uitsondering nie. Dit geld byna alle instellings wat deur kaders beman word. Van bestuursvernuf is daar min sprake.
“Aan eie skoenrieme optrek” is nie deel van die Afrikakultuur nie, en sal dit nooit wees nie. Dit was waarneembaar vanaf 1994 en dit is waarom daar min is om te vier in hierdie herdenkingsjaar.