- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
De Klerk verdien ook verering
deur Wouter Viljoen, per e-pos
2012-07-21 23:58
Toe ek Woensdagoggend op pad werk toe weer die hele “Mandela-dag”-geharwar hoor, besef ek skielik twee baie belangrike dinge.
Eerstens, FW de Klerk het net so ’n belangrike rol soos Nelson Mandela gespeel in ons land se demokratisering, maar van hom hoor mens min. Hy het immers dieselfde Nobelprys as Mandela gewen.
En as dit nie vir FW was nie, was daar nie ’n Mandela-dag nie. So, aan FW op 18 Julie 2012, baie dankie! (Iemand, gee hom asseblief ’n Bells.)
Tweedens, wat het ek met my 67 minute gedoen? Die antwoord is dat ek minstens agt uur gee, elke dag. En hoe? Van die geld waarvoor ek elke dag hard werk, gee ek 10% (ná belasting) vir die kerk, wat reguit in die gemeenskap ingaan.
En van die enorme bedrag belasting wat ek betaal, word ’n groot deel aan opheffing bestee.
So, ek doen my deel, ek gee my “67 minute” elke dag van die week. Die boodskap is dus werk hard, gee jou beste, gee vir die gemeenskap, gaan so voort!