Susan Heyns, per e-pos

Rapport-gebruiker

Depressie: simptoom van liefdeloosheid

deur Susan Heyns, per e-pos
2012-01-28 14:21

Ek het in ’n diep gelowige Christelike huis grootgeword. Ongelukkig is ek toe ook “vervloek” met ’n ewig nuuskierige verstand. Omdat ek dus altyd die verkeerde vrae aan my ouers, familie en predikant gevra het, is ek van kleins af verdoem om na my dood in die hel te verbrand. Vyftig jaar lank het ek aan “depressie” gely hieroor. Ek het nooit getrou nie, want ek het myself as ’n slegte, sondige mens beskou, wat nie werd is om lief gehê te word nie. Ek het baie aan selfmoord gedink, maar was selfs te bang daarvoor, want dan "lê die hel vir my voor".

Twee jaar gelede het ek bloot toevallig weens ’n sameloop van omstandighede afgekom op ’n groep mense vir wie “God” tweede kom. Onder hulle is gelowige Christene, Moslems en ander gelowiges, asook heeltemal ongelowige mense. Maar wat almal van hulle in gemeen het, is dat hul gemeenskappie vir hulle die heel belangrikste besitting is. Selfs vir die gelowiges onder hulle, is hul plig teenoor die gemeenskap belangriker as hul plig teenoor hul God. En vir die eerste keer in my lewe het ek ware liefde ervaar.

En ons is nie ’n klomp agterlike “hooligans”, soos wat ek altyd geglo het ongelowige mense is nie. (My familie glo dit steeds en weier om ’n voet by my te sit). Ons het ook selfone en TV’s in ons huise. Ons steel nie van ander nie, vermoor nie alles wat voorkom nie, vloek nie, en slaap nie rond nie. En ons is altyd vrolik en bly, ons lag vir enigiets – meeste vir onsself. Lag en vrolikheid is iets wat ek as gelowige Christen nooit geken het nie.

Ek het twee jaar laas enige “depressie” ervaar. Depressie is nie ’n siekte nie; dit is bloot die simptoom van ’n ander siekte: Goddelike liefdeloosheid.


Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
176 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.