Reinhold Swart, Bellville

Rapport-gebruiker

Dié wat wíl werk en dan die williewerkers

deur Reinhold Swart, Bellville 2013-02-02 23:25

Antoinette Slabbert se insiggewende artikel (“Doen jul eie werk, sê OG”, Sake24, 27 Januarie) kon ook gestaan het onder die banier-opskrif “Los jul luiheid en werk”.

Sy verwys na die vaardigheidstekorte in ons land en die astronomiese konsultantegeld as die jongste in ’n reeks regering-“skandale”. Mnr. Kimi Makwetu, adjunk-ouditeur-generaal, verwyt die konsultante dat hulle nie hul kennis met die amptenare deel nie, maar dit is eerder ’n gebrek aan leergierigheid by die amptenare en ’n dringende behoefte om in hul werk onderleg te raak. Waarom moeite doen as iemand anders jou werk vir jou doen?

In ons agtergrond en kultuur is vlytigheid maar dun gesaai. Tradisioneel, in die swart kultuur, het die mans teen die kraalmuur gesit, die kinders het die vee opgepas en die vroue het op die land gewerk. Ons wittes was weer te goed om hande-arbeid te verrig. Tydens ’n besoek aan Europa sal jy sien hoe wittes werk as melkman, tuinman of posbode. Maar hier wil ons wittes ’n bestuurspos hê wat min inspanning verg.

Die afgelope week het pres. Jacob Zuma die onlangse stakings as iets edels probeer verdedig. In ander lande beteken om te staak om jou te beywer vir ’n beter bestel. By ons beteken dit om nie te werk nie en te plunder, roof en te beskadig.

Die groot, drieledige dilemma van Suid-Afrika is die miljoene werkloses, dan dié wat ’n werk het, maar nie wil werk nie, en dan die immigrante uit ons buurstate wat smag na hierdie werkgeleenthede.
Mens tref laasgenoemde oral by verkeersligte aan met pleit-briefies in die hand. Hulle wíl werk. Wat nou?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.