- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Dis ‘trash’ wat Steve so beledig
deur Mev. J.M. Nel, Rooihuiskraal
2012-09-29 22:19
Maandag se SA Comedy Central Roast-uitsending oor Steve Hofmeyr was die vuilste en vieslikste TV-program nóg. Die paneel, met die uitsondering van Minki van der Westhuizen, het net ’n platform gesoek vir hul vuil taal en allerliederlikste woorde.
Waar kry hulle al dié mense?
Ek het nie gedink daar is sulke goedkoop mense wat hulself celebrities noem nie. Hulle is in my (en ek glo talle ander se) opinie niks anders as trash nie. Hulle het Steve se verlede opgehaal en niks goed gesê oor wat hy vir die land en Afrikaners beteken nie.