Hennie Pienaar, Bellville

Rapport-gebruiker

Eerder aftreepaleis, sou Zuma trekpas kry

deur Hennie Pienaar, Bellville 2012-10-07 01:25

Nuusberigte oor die opgradering van pres. Jacob Zuma se “plaashuis” in Nkandla laat sedert die afgelope naweek al die wenkbroue lig, maar die jongste verduideliking van sy woordvoerder, Mac Maharaj, is werklik lagwekkend.

Die verskoning is dat die “plaashuis” opgegradeer word sodat dit “sowel sy (die president se) personeellede as gaste” kan huisves. Dan word daar gevra wat gedoen kan word indien byvoorbeeld pres. Obama of ’n Afrika-staatshoof die president besoek en hulle tog nie “na ’n hotel gestuur kan word nie”.

Mensig, nè!

Ek was al die jare onder die indruk dat die presidensies (die president se amptelike huis) in verskillende stede in Suid-Afrika juis die plek is waar hy staatshoofde sal of behoort te ontvang? Wat gebeur as pres. Zuma in Desember ge-Mangaung word en hy nie weer as president verkies word nie? Dan tree hy, lyk my, rustig af in sy lekker nessie? Dié groter “plaashuis” gaan nog duurder wees om te onderhou en ek laat my nie vertel pres. Zuma gaan pa staan vir die onderhoud nie. Gaan die president ná sy aftrede dieselfde getal mediese en veiligheidspersoneel hê, of gaan daar dan ’n paar kamertjies leeg staan?

Hoe het vorige presidente in die ou bedeling afgetree, of val dié “opgradering” ook maar net onder die ANC se slagspreuk “Jy skuld my”?

Maar die president gaan sowat R10 miljoen self bydra en dit is vir my goeie nuus. Nou die dag was hy nog kniediep in die skuld en nou kan hy R11 miljoen bekostig.

Was dit dalk te danke aan sy vorige finansiële raadgewer se insette? Jy weet, die een wat op mediese parool vrygelaat is, maar danksy die vars lug op die gholfbaan nou skitterend gesond is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Cyberjerk Ingram sê... In die Engelse weergawe van Russia Today word syfers aangetoon dat daar vanaf 1994 met die aanbreek van "demokrasie" 200 000 moorde in SA gepleeg was waarvan nie minder nie as een derde op blankes gepleeg was. Die kans vir 'n blanke om deur 'n swarte vermoor te word is dus prorata en op geweegde gemiddeld per ras 5.37 keer groter as wat 'n swarte deur 'n swarte vermoor sal word. Ons moet onthou 99.999% van alle moorde word deur swartes gepleeg. Kan iemand steeds stry dat elke ras na homself moet kyk ? Die syfers toon duidelik aan dat die swartes dit definitief nie vir ons gaan doen nie. Hoekom verskaf Naspers nie hierdie syfers nie ? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.