Helena Goosen, Garsfontein, Pretoria

Rapport-gebruiker

Gediertes teisteraars

deur Helena Goosen, Garsfontein, Pretoria 2012-07-07 14:35

Ek sluit aan by Chris du Plessis se bydrae “Gevaarlike ongediertes... en hul honde” in Rapport, 1 Julie.

Onlangs stap ek laatmiddag deur ons woonkompleks. Skielik ruk ’n orige klein mopshond van sy leiband los en foeter reg voor my in – en daar slaan ek op die harde plaveisel neer.

Ondanks my meer as 75 somers oorleef ek die aanslag, met knieë en elmboë nerf-af en my ego taamlik gekneus. Die “jammer, Tannie” help ook nie om my gramskap te versag nie, want ek kon netsowel in die hospitaal beland het!

Teen dié tyd is ek keelvol vir keffende, gefrustreerde en aggressiewe brakke (ras-eg ofte nie) wat heeldag vasgekeer word in benouende agterplasies totdat hul eienaars eers teen skemertyd terugkeer van die werk.

Die oorywerige, bedorwe gediertes word dan vir ’n wandeling geneem om weerlose inwoners te teister. Ek is ook hartlik siek en sat vir al die “slagysters” wat oral op die gemeenskaplike grasperk uitgestal word.

Wat het die mens besiel om in te meng met Darwin se wette van natuurlike seleksie?

Om vreemdsoortige kreature kunsmatig uit die edel wolf te teel, van reusagtige, venynige tandmasjiene tot vermetele hakskeen-happertjies en Spielberg-gedroggies wat eerder in ’n rillerprent tuishoort?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Oes Does sê... Alvorens my kinders nie as gelykwaardige burgers van die land behandel word nie, en daar opgehou word om met rasgedrewe wette soos regstellende aksie teen hulle te diskrimineer, is daar geen sin om die taal van die onderdrukker aan te leer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.