Sarel Myburgh, Montana

Rapport-gebruiker

Geen verwagtinge!

deur Sarel Myburgh, Montana 2012-12-22 23:56

Ek verwys na die rubriek van Tim Du Plessis in Rapport van 16 Desember onder die opskrif “Dis veliger om min te verwag”. Hy verwys in die artikel ook na Trevor Manuel wat aangekondig het dat hy nie beskikbaar is  om op die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) te dien nie.

As ‘n mens terugkyk na die jaar wat verby is, is dit duidelik dat Tim baie optimisties is as hy verwys na “…min om te verwag”. Dit is duidelik dat ons niks meer moet verwag nie.

Aan die einde van hierdie jaar, wil ek graag my negatiewe hoed dra en duiwelsadvokaat speel.

Dit was duideliker as ooit dat daar ‘n totale gebrek aan integriteit en etiek in die totale leierskorps van die regerende party is. En dit begin by president Zuma wat onder verdagte en omstrede omstandighede aan bewind gekom het. Dit het gelei tot gevolglike grootskaalse korrupsie, hopelose dienslewering, selfverryking, nepotisme en burgerlike ongehoorsaamheid.

Ek wil voorspel dat, met Zuma weer verkies, die amptenare van die regerende party hierdie land gaan “stroop” van alle skaars bronne in die volgende vyf jaar. Amptenare gaan “vat” wat hulle kan omdat hulle weet dat dit Zuma se laaste termyn is en hulle aan die einde van die termyn deur ander amptenare vervang gaan word. En hierdie amptenare weet dat daar ‘n totale gebrek aan beheer en polisiëring van wette van die land is. Ook is dit duidelik dat die regering nie in staat is om op te tree teenoor korrupte  amptenare nie. Slegs enkele korrupte amptenare is oor die laaste 5 jaar aangekeer en verhoor. Honderde vermoedelik korrupte amptenare is op verpligte verlof geplaas of geskors maar kry nog groot salarisse terwyl hulle by die huis sit en niks doen nie.

Tim maak ook melding in sy rubriek van Trevor Manuel en Cyril Ramaphosa se  “nugtere ontwikkelingsplan”. Ek kan beslis nie hiermee saamstem nie. Nugter, ja in die sin van die “best practices” idees wat daarin vervat is. Maar hopeloos in ‘n Afrikakonteks. Volgens my hou die plan geensins tred met die werklikheid van die tyd in Suid-Afrika nie. Kyk gerus na die werkskeppingsdoelwitte in die “Plan” terwyl ons maandeliks netto verliese in werkskepping sien. Die plan sou wonderlik inpas in ‘n land wat westerse beginsels nastreef word en oor amptenare beskik wat met integriteit optree, bekwaam is en werksetiek aan die dag lê. Ongelukkig bestaan dit tans nog nie binne die regering  nie. Dus gaan hierdie 450 bladsy lange “plan” in wese net ‘n “nugtere plan” bly wat mooi klink as na die inhoud daarvan verwys word. Van uitvoering gaan daar min kom!

En ek dink Trevor Manuel besef dit vandag maar al te goed. Dis hoekom hy soos ‘n rot van ‘n sinkende skip afspring. Manuel weet dat hy (of Ramaphosa) alleen nie ‘n kat se kans het om hierdie skip se koers te verander nie. Daarom is dit beter om langs die kantlyn te gaan sit en keer dat jou betreklik ongeskonde reputasie nie te veel skade lei  nie. Hy wil egter nog deel vorm van die regering aangesien hy sekerlik gewoond is aan die aantreklike salaris en ander byvoordele wat sy pos meebring.

Sekerlik moet geargumenteer word dat die huidige regering in die laaste vyf jaar sekere dinge reg gedoen het. Of hulle egter die regte dinge (noem dit kritieke prestasie-areas (KPA’s) op die regte wyse (en volgens prioriteite) om doelftreffend te wees, aangespreek het, is sterk te betwyfel!

Verder moet ek ten sterkste met Tim saamstem dat oor sy verwysing dat “…SA geen uitsondering is op die reël met bevryding en emansipasie elders in post-koloniale Afrika nie”.

Suid Afrka is vining besig om die geykte stelling “Dit is Afrika op sy beste” gestand te doen.

Mag 2013 en die jare daarna my verkeerd bewys.
 
 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.