- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Geluk aan Koos oor sy AB-skrywe
deur Denker, Centurion
2012-02-18 14:59
Ek wil graag vir Koos van der Merwe komplimenteer met sy openlike kommentaar oor die Broederbond. Sedert die vroeë negentigs worstel die AB van Broederbond na Afrikanerbond. Van Afrikaner na Afrikaanses. Nog vis nog vlees.
Die AB-bagasie, hetsy geregverdig of ongeregverdig, oefen steeds 'n ongelooflike invloed op mede-Afrikaners uit. Lede-inligting is vertroulik, met ander woorde, lede of gewese lede kan hul self nie verdedig nie. Op rond van vae idees, of blatente leuens is hulle van meet af aan, skuldig. Ek dink dit is tyd dat die AB 'n gesiene regspersoon aanstel om hierdie spoke vir eens en altyd te begrawe. Net nog 'n geskiedenis sal nie werk nie!
Hierdie "geleerde vriend" moet sommer ook kyk na die De Wet-fonds. Wat het geword van die gelde wat lede jarelank betaal het ?