- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
G’n Boeremag in ‘demokrasie’
deur Gert, Worcester
2012-08-12 00:07
Die Boeremagverhoor wys die geskiedenis herhaal homself.
Het 50 jaar gelede nie presies dieselfde gebeur toe Madiba en sy trawante vir hoogverraad gevonnis is nie? Sowel die destydse groep as die huidige was bereid om onskuldige lewens te verwoes om hul politieke ideale te verwesenlik.
Die regering van destyds was van ’n wit minderheid en die huidige een is ’n swart meerderheidsregering.
Daar kan nooit sprake van ’n regverdige demokrasie wees in ’n land met verskillende rassegroepe nie. Die meerderheidsgroep sal altyd oorheers met onregmatige bevoordeling van die sterkste party en sy aanhangers.
As ons ’n ware demokrasie in dié land soek, ongeag ras of kleur, en gelyke geleenthede waarborg, sal daar nie Boeremaglede wees wat bose planne bedink om hulle te laat geld nie.