James Young, Constantiapark

Rapport-gebruiker

Goeie plan, maar saamstaan ontbreek

deur James Young, Constantiapark 2012-12-16 00:04

Die brief “Die tyd is nou mense” (Rapport, 9 Desember) het betrekking. Ek glo dat duisende mense die mening van Frans Calitz deel. Of ons egter die moed van ons oortuiging en die durf het om belastings te weerhou, is ’n ander storie.

Die geskiedenis van Suid- Afrika die afgelope 50, 60 jaar wys daar is min gevalle waar ons werklik aan “Eendrag maak mag” gestalte gegee het.

Dit gaan meestal oor eie gewin en nie oor “die saak” nie.

Daarom is dit so dat mense soos pres. Jacob Zuma moeilik uit die kussings gelig sal word.

Hy het hom slim omring met besluitnemers wat waarskynlik ook in die slag sal bly as hy sneuwel en nie meer deel van die soustrein sal wees nie.

’n Verdere vier jaar in die “land van melk en heuning” is vir hulle ononderhandelbaar.

Mense wat ywerig “die saak” dien, laat nie goedsmoeds alles so verval soos wat ons sedert 1994 sien gebeur het nie.

By geleentheid in 1997 het mnr. F.W. de Klerk die beeld gebruik van ’n kano wat in ’n lang reeks gevaarlike stroomversnellings vaar. Jy begin die proses en bepaal die aanvanklike rigting, maar daarna word die kano deur magtige en soms onbeheerbare kragte gegryp.

Al wat die roeier kan doen, is om sy balans te behou, die rotse te vermy en die kano so gou doenlik weer regop te kry wanneer dit omslaan.

Is dit nie dalk tiperend van die Afrikaner se oorlewingstryd nie? Ons probeer maar net elke dag om kop bo water te hou. Sal dit nie wonderlik wees as ’n nuwe De La Rey ontwaak nie? En sal dit nie wonderlik wees as die Afrikanervolk hom dan in so ’n desperate laaste vesting bevind dat saamstaan al uitweg is nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Magda Grobler sê... Kennis van my het in die buiteland gekuier, en moes vir 'bier R179-00 betaal. Hy drink nie meer nie en beveel aan dat drank hier ook so duur gemaak word, die wyn produsent moet dan die wins alleenlik kry, sy omset sal minder wees maar sy wins baie groter. So hy sal nog steeds 'n goeie bestaan kan voer. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.