- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Hoekom rook mense nog?
deur Jaco van Niekerk, per e-pos
2013-01-31 12:31
Met al die kennis tot ons beskikking is ‘n mens verbaas dat daar nog mense is wat rook.
Alles dui daarop dat rook ‘n verwoestende invloed op ons gesondheid het en dat dit ons kanse om verskillende soorte kanker te kry drasties verhoog, soms tot so hoog as 80%. Dan praat ons nie eers van emfiseem, hoë bloeddruk en ‘n hele klomp ander negatiewe gevolge op ons gesondheid nie.
As ons die uitwerking van sekondêre rook op ons kinders en die gevolge op die ongebore kind as die moeder gedurende swangerskap rook, by al hierdie gevolge tel, is daar logies net twee besluite wat ons kan neem: Eerstens om nooit te rook nie en tweedens om, as ek rook, dadelik op te hou.
Baie mense hou op, maar as gevolg van die verslawende effek van nikotien kan hulle dit nie alleen regkry nie. Hulle wend hulle dan na allerhande hulpmiddels met die hoop dat dit hulle sal help om die gewoonte/verslawing te oorkom.
Ongelukkig is baie van hierdie produkte nie alleen onsuksesvol nie, maar ook skadelik. Onlangs is in Rapport berig oor ‘n sekere “rookpil” wat se newe-effekte mense laat selfmoord pleeg het. Dit laat die roker met die vraag: ”Hoe kan ek van hierdie verwoestende gewoonte ontslae raak sonder om groter risikos te loop en groter skade aan my liggaam aan te rig?”
Gelukkig is daar goeie nuus, want daar is ‘n 5-dag rookstaakplan wat al vir dekades reg oor die wêreld gebruik word om mense te help. Nie alleen word ‘n suksessyfer van oor die 80% behaal nie maar dit word ook gratis aan die gemeenskap aangebied, sonder enige medikasie.
Hierdie program kom nou na die Oos-Rand en word vanaf 11-15 Februarie te President Steynstraat 124, Rynfield, Benoni aangebied.
Om teleurstelling te voorkom en die besluit van u lewe te neem skakel Jaco by 072 4379129 of epos jaco@polka.co.za en bespreek u sitplek vandag! Ons is ook op Facebook “Stop Rook”.
Daar was nog nooit iemand wat ophou rook het en jammer was daaroor nie!