Francois Bekker

Rapport-gebruiker

Hou moed, ons potensiaal is puik

deur Francois Bekker 2012-12-30 09:29

Anderkant Mangaung, Nkandla en ander regeringsflaters is daar belangrike veranderlikes wat die negatiewe uitbalanseer. Soos Jan Smuts gesê het: “Suid-Afrika is ’n land waar die slegste en die beste nie gebeur nie.” Onderweg na ’n beter funksionerende staat moet die volgende faktore verreken word:

* Sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het ons al drie staatspresidente gehad. Volgens die Grondwet mag ’n staatshoof slegs twee termyne van vyf jaar elk dien. Die konvensie van staatshoofde wat nie lewenslank regeer nie is reeds goed gevestig in die land se konstitusionele psige.

* Die kultuur van opposisiepolitiek is eweneens goed gevestig. Daar is trouens reeds ’n provinsie en verskeie munisipaliteite wat nie deur die grootste politieke party regeer word nie. Hoewel nie sonder venyn nie, is die mag vreedsaam aan die amptelike opposisie oorhandig. Dit dui op toenemende politieke volwassenheid.

* Die feit dat die amptelike opposisie vreesloos stemme kan werf in wat tradisioneel ANC- vestings was – en steeds is – bevestig toenemende politieke verdraagsaamheid.

* Met die ballas van die verdrukkende verlede reeds goed afgeskud, vervaag ’n misplaaste bevrydingsentiment om plek te maak vir rasionele denke oor wat goeie regering behels met as oogmerk die optimalisering van goeie dienslewering aan alle gemeenskappe. Só beskou sal ras en kulturele verskille al hoe minder belangrik raak in die Suid-Afrikaanse politiek.

* Vryheid van spraak, hoewel tot groot ergernis van die regerende party en tans ietwat onder druk, is goed verskans in die Grondwet. Oorweeg die talle publikasies en radio- en televisieprogramme wat nie doekies omdraai oor die skades en skandes van die president en sekere kabinetsministers nie.

* Wat die lettere en skeppende kunste oor die algemeen betref, dikwels skoorsoekend en grensverskuiwend van aard, word ons gelees, uitgestal en na geluister in feitlik elke uithoek van die wêreld. Voeg hierby hoog aangeskrewe internasionale toekennings, waaronder die Nobel-prys vir letterkunde. Só beskou is ’n tradisie van kritiese denke goed gevestig.

* Suid-Afrika beskik oor infrastruktuur en telekommunikasievermoë wat met die beste in die wêreld vergelyk kan word. Dit ontsluit ekonomiese moontlikhede wat ons mededingend maak met van die grootste ekonomieë in die wêreld.

* Ons natuurlike hulpbronne, biodiversiteit en gunstige klimaat plaas ons in ’n gunstige posisie wat betref investering, ontwikkeling en algemene ekonomiese volhoubaarheid.

* As ’n samebindende simbool is sport volksbesit oor kulturele grense heen. Ons sportprestasies is goud werd in meer as een opsig.

* Veral mense op voetsoolvlak wat minder bewus is van die storm en drang van nasionale politiek reik mekaar maklik die hand in die gees van spontane ubuntu sonder die belemmering van etniese of ander kleingeestige magspolitiek.

* Die land se mense se potensiaal is enorm. Suid-Afrikaners is aanpasbaar, innoverend en vasbyters van formaat. Ons hoef vir niemand terug te staan nie.

Natuurlik is daar uitdagings wat die hoof gebied moet word. Niemand moet blind wees vir die rooi ligte wat flikker oor byvoorbeeld misdaad, korrupsie en verswakkende onderwys nie.

Juis daarom moet ons uiters jaloers waak oor dit wat vir ons belangrik is en wat ons hoop bied op ’n vry en voorspoedige toekoms. ’n Vryheid wat ons kan gebruik om ons omstandighede te verbeter, is wat ons voortdurend moet opeis. Ons hoef met niks minder tevrede te wees nie.

Hierdie land behoort aan almal wat hulself Suid-Afrikaners noem. Ons het apartheid oorleef. Die oorgang na ’n volwaardige en lewensvatbare veelparty-demokrasie ontdaan van ’n verdwaalde bevrydingsretoriek wat eerder eie belang bevorder, hoef ons nie onder te kry nie.

Daar is niks verkeerd met die land wat nie reggemaak kan word met dit wat reg is met die land nie. Glo in Suid-Afrika en maak dit werk.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain showers. Mostly cloudy. Cool. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 14-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-36°C Sprinkles late. More sun than clouds. Hot. PE: 15-21°C Showers early. Partly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Process Controller

Gauteng
Ciber Information International (Pty) Ltd

Auditor - Wealth and Investments

Gauteng
SET Recruitment Consultants
R500 000 - R700 000 Per Year

Java Developer

Gauteng
BRO Resourcing
R650 000 - R700 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!