- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Jammer, fietsryers
deur Elize Viviers, Walkerville
2013-01-05 10:55
Ek voel verskriklik jammer vir Burry Stander en sy familie en vriende. Maar, kom ons wees nou eerlik.
Suid-Afrikaanse paaie is nie ingerig vir fietsryers nie.
Tussen Walkerville en Randvaal is ‘n kronkelpad, in ‘n redelike goeie toestand, maar met min geleenthede waar jy stadige verkeer kan verbygaan.
Saterdae en Sondae is hierdie pad vol fietsryers. Hulle is ongeskik en gooi lelike tekens na motoriste wat dit sou waag om die toeter vir hulle te druk.
Instede daarvan om plek te maak vir ‘n voertuig om by hulle verby te gaan, sal hulle vier of vyf langs mekaar in die pad ry. Hulle neem geen motoris in ag nie en jy moet maar agter hulle aan kronkel tot jy seker kan wees om veilig verby te gaan.
Vir ‘n voertuig wat dringend by ‘n veearts of ‘n dokter moet uitkom, is daar net geen konsiderasie nie.
Dit is tyd dat fietsryers ook “ge-educate” word in hierdie opsig.
Ons as motoriste is versigtig om hulle nie raak te ry nie, maar werklik, sommige fietsryers is erge “fietspadvarke”!