Cilnette Pienaar, Stellenbosch

Rapport-gebruiker

Jonges vra ook ander stem as Malema s’n

deur Cilnette Pienaar, Stellenbosch
2010-03-06 16:45

Ek skryf as ’n besorgde jong Suid-Afrikaner wat moeg is vir die manier waarop een man se sieninge die stem vir almal onder die ouderdom van 35 in ons land geword het.

Ek is baie bekommerd oor die mediareaksie wat mnr. Julius Malema in dié stadium ontlok. Ek is glad nie gepla oor sy persoonlike menings, sy sake-affiliasies of politieke sieninge nie. Hy is immers geregtig op vryheid van spraak. Trouens, ons kan hom gelukwens met sy volgehoue passie vir sy meestal omstrede saak.

Wat my wel ontsettend pla, is dat daar nie ’n alternatiewe stem is om die groeiende groep jong vredemakers in ons land te verteenwoordig nie. Daar is ’n massiewe groep jong Suid-Afrikaners wat nie inkoop in die propaganda dat een man se geldelike welstand gelyk is aan die bevryding van sy volgelinge nie.

Dit klink vir ons te veel na die deuntjie van menige Afrika-leier wat die toegewydheid van hul lojale ondersteuners misbruik het vir eie gewin. Dis in die gees van vergewensgesindheid en eenheid dat ons, die res van die jeug, hierdie land wil help voortbou.

Ek sal die vegters vir geregtigheid in hierdie land ewig dankbaar wees vir hul offers. Ek sal hul lewens en veldslae eer en onthou. Sharpeville. Mitchell’s Plain. Robbeneiland.

Kan iemand vir Julius sê ons wil nie met hom baklei nie? Ons wil saam met almal in die land die diep wonde wat ons van ’n onregverdige stelsel geërf het, sien gesond word. Hierdie generasie het ’n beter kans as enige een voor ons om seker te maak dat “… never, never and never again shall it be that this beautiful land will again experience the oppression of one by another”.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

proafrikaans sê... "Denkende mense", Blippie? Jy, as iemand want anderdag jou naam soos telkens in die verlede gat gemaak het deur te beweer swartes kon hulself nie as veeartse in die Ou SA bekwaam nie, is die heel, heel laaste persoon wat homself as 'n denker kan beskou, doffel. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.