Rapport-gebruiker

Jou beurt: lesers skryf

deur 2013-01-05 23:21

Platkop-denke

My hoop vir 2013 is dat daar ’n einde sal kom, finaal, aan die platkop-denke van sommige wat ná twee bottels brandewyn glo hulle kan ’n Boeremag saamstel en die bewind vir die wittes herwin. Mag hulle almal vir ewig toegesluit word.

Net so wens ek net een of twee van hulle wil uitvind dat daar baie swart mense is wat ontevrede is met wat aangaan en wil help om ’n beter land vir almal te skep.

Maar hoe gaan die verwaande Boerekrygers dit agterkom as hulle nie uit die donker agterplaas van verkrampte denke wil beweeg na verligte, persoonlike kontak en skakeling met nie-wittes nie?

Watter ligte sal daar nie aangaan vir sukses, vrede en vooruitgang in ons land nie! Die geheim vir sukses lê by ons; tussen ons; in respek en samewerking; nie in Boereoorlog nie.

Nie alle swartes hou van toi-toi en straatbemorsing nie. Nie alle swartes haat wittes nie. Nie alle wittes haat swartes nie. Soms is die sogenaamde haat maar net ’n reaksie op die haat van die ander kant. Dus, gesindhede moet verander. Bid dit. Laat dit waar word.

– B.J. Dippenaar, Gordonsbaai

Aardverwarming

Ek verwys na die berig “SA word al droër, warmer” (Rapport, 30 Desember).

Dr. Francois Engelbrecht se weergawe van aardverwarming bevat ongelukkig ’n hele aantal leemtes. Aardverwarming kom en gaan in siklusse van 100 000 jaar, iets wat ene Milutin Milankovic (1879-1958) teoreties kon bepaal.

Met ’n internet-soekenjin sal jy gou vind dat verwarming inderdaad in sulke siklusse beweeg, tik net “Vostok Antarktika” in.

U sal opmerk dat hulle die afgelope 400 000 jaar se weerpatrone kan aflees en u sal ook sien dat ons nou op ’n hoogtepunt is en dat temperature eersdaags weer sal begin daal.

– Barend J. Alberts, Saldanha


Etiese mynveld

Die voormalige NNP-hande Renier Schoeman en Daryl Swanepoel kwyt hulle briljant van die taak om miljoene rande vir die ANC te bedel onder die vaandel van die Progressiewe Sakeforum (PBF) in hul rubriek “ANC se gevry na sakelui ‘baat SA’ ’’ (Rapport, 30 Desember).

Mens het egter gehoop dat dié here ten minste iets sou skryf oor die etiese mynveld wat hulle betree met hul werk, veral in ’n tyd waar die ANC-handelsmerk een van korrupsie is.

Invloedmakelary tussen groot sakebelange en ’n regerende party wat nie die skeidslyn tussen party en staat ken nie, op laasgenoemde se inisiatief en teen ’n premie, kan deur sommige as ’n bedenklike bedrywigheid beskou word.

Soos ek Schoeman en Swanepoel se skrywe lees, dink ek juis aan die verhouding wat daar behoort te bestaan tussen besigheid en regering en die plig wat politici het om hierdie verhouding te koester.

– Cilliers Brink, Pretoria

SA se berg boetes

Aarto bepaal dat ’n boete binne 30 dae per geregistreerde pos aan die oortreder beteken word. Boetes wat langer as dit neem om op enige ander manier uitgereik te word, is ongeldig.
– johannes.donderwater

Toekoms van Afrikaans

Die gedurige spoke oor die toekoms van Afrikaans is ter sprake: Ons wat Afrikaans praat het nog nie eens begin om die taal te ontgin nie. Neem die verklarende woordeboek en werk elke dag deur net een bladsy op ’n keer en jy sal verstom staan oor hoe ryk Afrikaans eintlik is en hoe ver ons almal te kort skiet.

– Viljee, Bloemfontein

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!