Rapport-gebruiker

Jou beurt: lesers skryf

deur 2013-01-13 00:04

UGO se skade groot

Die ANC pluk op groot skaal die wrange vrugte van uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) – en sal dit nog lank pluk.

Een rede waarom op dié stelsel besluit is wat nog nêrens ’n sukses was nie, is dat dit toelaat dat gemiddelde en ondergemiddelde leerlinge redelik maklik slaag. Nog ’n rede was dat ondergekwalifiseerde onderwysers gebruik kon word.

Daar is mos geglo dat die onderwysers net fasiliteerders sou wees, want deur UGO ontdek leerlinge kennis en het nie hoogs gekwalifiseerde onderwysers nodig om te onderrig nie.

Leerlinge sou byvoorbeeld wiskunde “ontdek” wanneer hulle probleme oplos terwyl, volgens die ou uitgangspunt, die leerlinge wiskunde geleer moes word om probleme te kon oplos. Duisende onbevoegde onderwysers is toe losgelaat om te “fasiliteer”, maar al wat leerlinge “ontdek” het, was dat hulle weinig kennis bygekry het.

Die onderwysowerheid het intussen tot besinning gekom, maar soos in Engeland, waar UGO deur wetgewing uitgegooi is, vat dit lank om die skade ongedaan te maak. Om standaarde te verlaag is nie ’n oplossing nie.

– Izak Bergh, Marchand

Laat oortreders lyke sien!

Die hoofartikel “Paaie is hele jaar lank slagvelde” in Rapport van 6 Januarie het betrekking.

Dit lui: “Vergeet daarvan dat die slagting gou sal verbeter. Nie voordat padgebruikers ontsag begin toon vir... lewe nie”. Hoe kan ons die houding van ontsag bevorder?

Deur die oortreders bloot te stel aan die nare werklikheid en hulle só uit hul gemaksone ruk.

Wanneer vonnisse opgelê word, behoort daar veral op spesiale “gemeenskapsdiens” gefokus te word. Ek dink hier aan naweekdiens onder begeleiding by byvoorbeeld lykshuise! Of ’n paar uur se besoek aan die ongevalle-afdelings van groot opleidingshospitale.

Of wat daarvan om saam met noodvoertuie uit te ry na ongelukstonele en dan die slagveld en slagting waar te neem? Selfs ’n paar begeleide besoeke aan skrootwerwe sal opvoedkundig wees, al is die lyke en beseerdes verwyder. Dalk is daar ’n les in verwronge metaal. Niks is so opvoedkundig as noue blootstelling aan die werklikheid nie.
– Dr. B. de Wet, Danabaai



Kusdorpe moet woeker

Rapport se spotprent van 6 Januarie, wat wys hoe Tafelberg glimlag terwyl die Gautengers huis toe keer, tref die kol.

Sommige kusdorpe bly egter huiwerig om die Desembervakansie tot sy volle potensiaal te benut. Met ’n goeie sakeplan wat die “voete” besorg, kan al die kusdorpies gedy deur munt uit die somervakansie te slaan.

Stilbaai se stadsvaders slaag meesterlik hierin met die raakrugbytoernooi, die Trans-Agulhas-rubberbootwedvaart langs die hoofstrand, die kroning van ’n bierpens en ’n fraaie meisie en ’n lekker Oujaarsaand-vrolikheid.

– Reinhold Swart, Bellville

Vergewe tog

Ek lees die vele kommentare oor die vrylating van Riku Nortjé ná sy betrokkenheid by die tasmoord soveel jare gelede.

Ai, wat het van vergifnis geword?

Hoeveel van die mense wat kommentaar gelewer het, bid die Onse Vader?

Bid u dan nie “Vader, vergewe ons ons sondes soos ons ook ons sondaars vergewe” nie?

Wie is ons om te oordeel, te verpletter en seer te maak? Het u nog nooit ’n fout begaan nie? Het u nog nooit gesondig nie? As Christen vra ek: Gee die man ’n kans. Hulle het ’n ernstige misdaad gepleeg, ja, maar dit is hulle wat die gevolge moet dra van hul daad.

– Koos, per e-pos

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Filistyn van Doer sê... Stem volkome saam Oes Does hoekom die taal van die verdrukker aanleer wat jou nerens in die wereld behalwe SA sal help nie. Hoekom hierdie derde taal verpligtend maak, hoekom nie die leerling en die ouers self laat besluit nie? Hoekom alles met wette op ons afdwing? Ek hoop ons gaan hof toe met dit. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.