Rapport-gebruiker

Jou beurt: lesers skryf

deur 2013-01-27 07:43

R1,2 m. per ontbyt

Die ANC-gesinde koerant The New Age het Maandag in ’n voorblad-hoofartikel te velde getrek teen City Press (en Rapport) wat dit durf waag het om te berig oor die R37 miljoen wat Eskom, Transnet en Telkom opgedok het vir sakeontbyte van die Gupta-familie.

Dis nou dié Guptas wat dik pelle is met prez Jaap het min erg aan die koerant se verweer.

Dis tog vir almal onaanvaarbaar as maatskappye wat met ons belastinggeld gefinansier word miljoene bestee aan geleenthede wat eintlik deur private geld geborg behoort te word. Wat ook laat wonder, is die enorme R1,2 miljoen vir elk van dié ontbytsessies. Wie vreet so baie spek en eiers...

’n Raaisel

Van groot ontbyte gepraat. Sê nou by so ’n mahala-onthaal daag 200 gaste op. As dié maaltyd sê R400 per kop beloop – die prys van ’n bul van ’n feesmaal – dan beteken dit die uitgawes is maar R80?000.

Maar die publiek koop kaartjies en die SAUK saai dit gratis uit.

Wat word van al die ander belasting-pitte?

Zille smul ook

Pollux lees die onkreukbare Godzille het verlede jaar lekker saamgesmul by een van die ontbyte wat deur Telkom geborg is.

Talk Radio 702 het Dinsdagoggend, nadat onse Helen ontken het sy het geweet Telkom bestee eintlik belastinggeld, ’n uittreksel uitgesaai waarin ’n volmagie Godzille die maatskappy agterna bedank vir die heerlike vroegoggend-weglêery.

Die ANC het al sy grofgeskud uitgehaal om die ystervrou by te kom.

Selfs die party se swygsame vroueliga het vir ’n slag iets te sê gehad en The New Age het talle voorbladberigte oor dié “nasionale skande” gehad.

Pollux se raad aan die DA-leier is om voortaan voor die opskep te bepaal wie betaal!

Reën

’n Facebook-vrind skryf: “Die sokkerbase het geen wedstryd in die Afrikabeker-toernooi in Kaapstad laat speel nie. Nou hoor ons dit reën in al sewe provinsies waar wedstryde gespeel gaan word behalwe in die Wes-Kaap.”

Hy sou dié aand antwoorde gaan soek in sy binnekamer.

Tot die wederkoms

Die ANC in die Wes-Kaap soek glo 5 000 vrywilligers wat wil help om die DA in 2014 uit die kussings te lig.

Aktiviste, pensioentrekkers en werklose gegradueerdes word gevra om vir ’n jaar gratis vir die party te werk.

Pollux wonder hoeveel sien kans om dié steil heuwel saam met die ANC te klim.

Dikwels word uit die oog verloor dat die ANC nog nooit dié provinsie op sy eie kon wen nie – wat maak sy kanse ná al die landwye kadervergrype beter?

Intussen seg die party en sy eerwaarde leier dikwels die party sal Suid-Afrika tot die wederkoms regeer.

Pollux het ’n vermoede die DA dink hy sal dit straks van die Wes-Kaap kan sê...

In die voet geskiet

Van Suiderland gepraat.

Luidens berigte het veral swart opkomende boere erg gely onder die onlangse plaaswerkerstaking.

Die skade aan 14 “bemagtigingsplase” beloop glo R10 miljoen.

Pollux wonder of die kiesers glo die ANC en Cosatu kan hulle van dié soort afbrekende gedrag distansieer.

Praat van jouself – en boere – in die voet skiet!

Gee die LP’s doepa

’n Briefskrywer aan The Star meen dis dalk tyd om ons onderpresterende LP’s en provinsiale LUR’e vol steroiëde te pomp sodat hulle ’n slag kan presteer, soos in die geval van Lance Armstrong.

Ten minste het dit vir Lance gewerk!

Einstein-slimmigheid Wysheid kom nie van geleerdheid nie, maar van lewenslange pogings om dit te bekom.

Blou Bulle Pollux verstaan die Blou Bulle kry glo ’n nuwe afrigter.

Van Japan. Sy naam? Win Soon.

Gradering Die briefskrywer Gert Cilliers sê hy verneem die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het die VSA se skuldgradering aangepas.

Glo van trippel A na dubbel K middel A. Seuntjie wil pappa speel Die seuntjie vra sy ma: “Mamma, kan ons ’n bietjie speel?”

Sy ma vra wat hy wil speel en hy sê: “Kan ons asseblief speel ek is Pappa?” Sy vra, “Nou hoekom?” Maar hy soebat: “Ag, asseblief, Mamma. Kan ons speel ek is vir ’n rukkie Pappa?”

Naderhand gee die ma toe en sê: “Nou goed dan maar.” Die seuntjie vat haar hand en loop die gang af tot in die kamer. Hy beveel sy ma om haar skoene uit te trek en op die bed te gaan lê. Die ma se senuwees wil-wil ingee en sy besef hier is nou pêre. Die seuntjie trek sy skoene ook uit en gaan lê op sy pa se plek. Sy ma vra senuweeagtig, “Nou, wat nou?”

Hy antwoord: “Ag vrou, kan ons nie maar vir die laaitie ’n BMX-fiets koop nie, man?”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Rain late. Partly cloudy. Mild.
Jhb: 7-20°C Showery. More sun than clouds. Mild. Bfn: 0-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C More sun than clouds. Cool. PE: 8-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!