- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Juis ware man wat emosie wys
deur Ockie Kritzinger, Bloemfontein
2012-10-07 01:25
Ek verwys na die brief van “Stertveer” in Rapport van 30 September “Tranerige Bokke knou erfenis”.
Ek moes die brief twee maal lees net om seker te maak ek droom nie!
Is ons werklik terug in die tyd van “real men don’t cry”?
Vir my is dit ’n teken van volwassenheid as ’n man nie skaam is om emosie te wys nie.
’n Ware man wat gemaklik is met sy manlikheid het nie nodig om ’n macho-front voor te hou om iets te bewys nie.
Dit was wonderlik om te sien dat ysters soos die jong Johan Goosen en ander van die Bokspan verlede Saterdag op Loftus Versfeld tydens die sing van die volkslied in die toets teen Australië getoon het dat daar ook ’n sensitiewe kant by harde manne kan wees. Ons is trots op julle!