Hans du Preez, Heidelberg, Gauteng

Rapport-gebruiker

Ken die vyand

deur Hans du Preez, Heidelberg, Gauteng 2012-08-29 10:58

Dikwels word daar in hoë akademiese taal in die pers deur teoloë gepoog om te verduidelik en te regverdig waarom lidmate hul kerke verlaat . Ek verwys na die Afrikaanse susterkerke en spesifiek na die NG Kerk.  

Ongeveer 25 jaar gelede het ook ek die die NG Kerk verlaat. Nie omdat ek na die buiteland emigreer het nie; nie omdat ek te modern of sekulêr geraak het nie; nie omdat my gedagtegang deur die evolusieleer verwring is nie. Nee, ek het my Bybel bestudeer en bevind dat die ernstige dwalinge in die kerke wat van die Katolieke Kerk af oorgedra is met die reformasie waarlik te erg is. 

Laat ek my uitspraak staaf: In my jonger dae het ek betrokke geraak by spiritisme en myself daardeur verontreinig. Daarna was die duiwel los in my lewe en ek het aan erge depressie begin lei. Ek het demonies gebind geraak as gevolg van my blootstelling aan spiritisme.Voorts wil ek nie skroom om te beken dat ek eindelik selfmoord bedink het nie. Die NG Kerk was onbevoeg om my te help en ek moes deur ‘n evangelis van die vernuwingskerke bevry word. Daarvoor dank ek God vandag nog.

God het my vry gemaak en my aangeraak. Ek het tot bekering gekom en God het hom vir die eerste keer in my lewe duidelik aan my openbaar. Ek het God ervaar soos nooit tevore in my lewe nie. . . .En my depressie was eensklaps weg!

Dit spyt my om te sê dat predikante van die susterskerke van okkultisme, veront-reiniging en van bevryding skreiend min of niks weet nie; en dit het noodlottige gevolge vir hulle lidmate. Baie van dié kerke se lidmate lei aan depressie en maak staat op pille of sielkundiges vir tydelike verligting.Van hierdie mense pleeg selfmoord omdat hulle inderdaad gebuk gaan onder demoniese gebondenheid sonder dat hulle dit weet. Wie leer hulle wat gebondenheid en bevryding behels? Die meeste selfmoorde is demonies gedrewe en min mense besef dit. Daar staan geskryf dat Satan ‘n  mensemoordenaar is en dit het ‘n letterlike betekenis. 

Watter gevolg het die verkondiging van ‘n halwe evangelie, byvoorbeeld oor honderde jare, op ons swart landsburgers gehad? Laat ons ‘n oortuigende antwoord in oënskou neem: Dr. Charles Craft vertel van sy poging om uit die Nuwe Testament vir ‘n klein stammetjie in  Nigerië te gaan preek het. Na ‘n paar maande het hulle na hom gekom en hom op ‘n vriendelike wyse meegedeel dat hulle sy lering waardeer het maar dat dit nie relevant tot hulle behoeftes was nie. Hulle het gesê wat hulle nodig gehad het was die wysheid om die geeste wat hulle elke nag teister te kan konfronteer.      

Die NG Kerk sou nooit weer vir my ‘n veilige geestelike hawe kon wees nie omdat my verwagtinge beskaam is soos in die geval van die Nigeriese stammetjie. In Nigel was ‘n NG predikant, ds. Tienie Bekker, wat die moedergemeente moes verlaat het omdat hy nie meer daar welkom was nie. Hy het begin om vir lidmate met handoplegging te bid vir genesing nadat hyself wonderbaarlik genees is na handoplegging en gebed. Sy kerk, en spesifiek lede van die Broederbond, kon die handoplegging en gebed vir genesing nie verdra het nie.

Tienie Bekker het gegaan en sy eie kerk in Nigel gestig met minder as 100 lidmate.Vandag is ons byna duisend lidmate waarvan die meeste van die susterskerke afkomstig is. Dit is ook mense wat soos ek, nie emigreer het of modern en sekulêr geraak het nie. Dié kerk, vandag met Hennie van Zyl as die leraar, het aan my verwagtinge voldoen. Die susterskerke moet hulle self nie mislei oor waarom lidmate hulle kerke verlaat nie.  

Die vernuwingskerke is nie foutloos nie maar hulle het aan Christene dinge geleer waarvan hulle voorheen niks geweet het nie. Nogtans is daar steeds predikante wat die duiwel negeer terwyl dieselfde duiwel los is en heerskappy voer oor ons land.Gruwelike  misdade wat gepleeg word bevestig dit.Die staatsgesag word ondermyn en polisiemanne wat hul werk doen word met klippe bestook. Dié bose neiging het al kultuur geword.

Die susterskerke het agter geraak en moet die hand in eie boesem steek en bykom.  Leer die vyand ken want, “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie... ” En onthou! “Almal wat vermoeid en belas is kom na My toe en Ek sal julle rus gee.”  Ek het geleer dat ook dit letterlik so is.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sales Manager

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Strategy Specialist - Construction

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.