Madri Jacobs, Durbanville

Rapport-gebruiker

Kerrie in vreemde allermins SA bobotie

deur Madri Jacobs, Durbanville 2012-09-02 00:13

In “Om te ontpit, nie te ontpit” (Rapport, 26 Augustus) wonder Marita van der Vyver wanneer ’n bobotie ophou om ’n bobotie te wees. Een van die antwoorde op haar vraag vind mens in Nederland.

Ek en my man het tot onlangs in Ouderkerk aan de Amstel, neffens Amsterdam, gewoon. Eendag is ons genooi vir ete en die gasvrou sit haar spogdis voor: Echte Zuid-Afrikaanse bobotie (uitgespreek: “bouboutie”). Die gereg, met groenboontjies wat punt in die wind staan, lyk allesbehalwe na bobotie.

So kom ons te wete dat ’n bekende kitssop-handelsnaam, wat hier ter plaatse ook al jare lank boks-kos maak, bobotie op die Nederlanders se borde gesit het. Die kruie- en sousmengsels kom uit ’n boks, maar gehakt (maalvleis), appels(!), sperziebonen (ons groenbone), crème fraîche en water moet bygevoeg word. Wie kan daardie Mrs Ball’s-advertensie vergeet waarin die Suid-Afrikaanse kelnerin “Mr and Mrs Ball” ’n stywe drukkie gee toe hulle by die grênd Britse restaurant opdaag? Met ’n soortgelyke gevoel van “tuiskoms” het ons die dag met smaak weggelê aan ’n heerlike kerriegereg. Ek het daarna sommer gou weer Kook en geniet opgediep en ’n behoorlike, bekoorlike bobotie gemaak. Met boontjies. As bykos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.