Anti-Brett Murray, per e-pos

Rapport-gebruiker

Kool is nie sous werd nie

deur Anti-Brett Murray, per e-pos 2012-06-20 13:52

Veel is al gesê oor die skildery van President Jacob Zuma met sy ontblote geslagsdele deur Brett Murray. Uit baie kringe is dit betreur en gesê dat dit nooit die mure van die Goodman gallery moes gesien het nie. Ek is ook oortuig dat daar gelag en gegiggel is in sitkamers, kroeë en ander openbare plekke. Ander besing dit weer as kuns terwyl dit volgens prof. Jakes Gerwel maar ‘n flouerige poging is. Die moedswilliges is egter oortuig dat president Zuma met sy leefstyl dit op homself gebring het en dan is daar diegene wat die mening toegedaan is dat die skildery korrupsie en ander vergrype blootstel. Hoe dit ook al sy, dit het ‘n warm debat ontlok wat natuurlik goed is vir die demokratiese agenda.

In Sondag se Rapport sê Theuns Kirsten dat kunstenaars die taak opgelê is om die vryheid van spraak te beskerm in ‘n ware demokrasie. Hy gaan voort deur te sê dat kunstenaars gestalte gee aan die misbruike wat ongesond is vir die demokrasie en dat dit ‘n kwade dag sal wees as hierdie “spieëls” stukkend geslaan word. Ek dink dat Lekota hierby aansluit wanneer hy sê dat pres. Zuma vir Murray moes beskerm.

Prof. Jakes Gerwel sluit aan by die debat in sy Rapport-rubriek en benader die hele Brett Marray debakel uit ‘n ander hoek. Hy roep ook in herinnering die dag toe sy eertydse baas, Nelson Mandela, deur Hustler aangewys is as “Arsehole of the Month”. Hy veroordeel die sienswyses en optredes van Gwede Mantashe en Blade Nzimande en is van mening dat die “derderangse satire” nie tot soveel onenigheid en verskeurdheid behoort te lei nie. Soos ‘n dierbare tannie uit my kinderjare sou gesê het, “Dis nie die kole-sous werd nie” (die kool is nie die sous werd nie).

Een leermeester by Unisa se Opvoedkunde Fakukteit het laat val dat hy (of sy) wat goed lees en fyn luister wysheid verkry. Ek het al die kommentare gelees en daar skort vir my iets essensieels en glo my, ek het goed gelees en fyn geluister.

Vir die suksesvolle implementering en deurvoering van die apartheidsbeleid moes die bevoordeeldes (die witmense) glo dat hulle die superieure en meerderwaardige ras in Suid-Afrika is. Verder is hulle laat glo dat meerderwaardigheid gewaarborg word deur eksklusiwiteit. Wit kinders moes hierdie “leuens” van kleinsaf soos babamelk inneem. Die meesters het dit in die skole gepredik en die leraars het dit met die bybel in die hand in die heiligdomme verkondig.

Die teenpool van meerderwaardigheid is minderwaardigheid. Meerderwaardigheid het geen bestaansreg sonder ‘n algehele gevoel en besef van minderwaardigheid nie.

Verkleinering, bespotting en beledigings was nie net impulsiewe gedragsvorme nie, maar is strategies ingespan om die onderdruktes in hul eie minderwaardigheid te laat glo. Hendrik Verwoerd het dit sonder omhaal van woorde gestel dat swartmense se onderwysambisies nie verder moet strek as basiese onderwys nie.

Onderwysbegrotings vir nie-wit onderwys is doelbewus ingekort om uiters beperkende onderwysgeriewe daar te stel. In my aangenome moederland Namibië is talle skole sonder ablusiegeriewe opgerig. Onderwysers en kinders moes pouses die bossies opsoek. Reuse-bedrae moes na 1989 aangewend word om skole van ablusie- en administratiewe geriewe te voorsien. Die skole wat wel deur die staat voorsien is, was onaantreklike, onprakties en gebrekkig. So het die apartheidsregering ook lelike lokasies geskep wat gebrekkig moes gaan aan behoorlike sanitasie en vars water. Alles was daarop gemik om ‘n intense gevoel van minderwaardigheid en tekort by nie-witmense te kweek.

Die Zuma-tekening roep hierdie direkte vernederende handelinge teenoor swartmense in herinnering. Dit verklaar Mantashe en Nzimande se response. Dit verduidelik waarom die ANC-regsman in die hof in trane uitgebars het.

Die suksesvolle bedryf van ‘n demokratiese bestel vereis nie net dat ons volgens die reëls van demokrasie moet speel nie. Dit beteken ook dat ons binne die Suid-Afrikaanse konteks ‘n uiterste sensitiwiteit aan die dag moet lê wanneer ons uitsprake oor die kleur- en rasgrense maak; ongeag vryheid van spraak. Ons mag die lelike verlede nie vergeet nie.

En soos ‘n ou vriend van my gesê het, laat ons dit biddend doen.       

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-13°C Sunny. Cool.
Dbn: 11-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!