Prof. Benno Zuiddam, Australië

Rapport-gebruiker

Kovsies moet oor God by Oxford gaan leer

deur Prof. Benno Zuiddam, Australië
2011-01-15 12:36

Met ’n gevoel van onbehae en hartseer het ek as oud-Kovsie kennis geneem van die onlangse besluit of voorstel van die universiteitsraad om God uit die amptelike universiteitsleuse te verwyder.

Die band met Nederland moes ontken word omdat dit skielik die universiteit se Afrika-karakter sou bedreig. Ná Oranje het God nou die trekpas gekry. Ek is dankbaar my kollegas in die teologiese fakulteit, onder wie prof. Piet Strauss, stem nie saam nie. Hulle is reg.

Harvard se amptelike leuse is: Veritas Christo et Ecclesiae. Maar Harvard is deesdae skaam vir Christus en gebruik gewoonlik nog net “veritas”. Wil die Vrystaat se universiteitsraad dalk Harvard en sy alumnus Obama heuning om die mond smeer met die keuse vir waarheid/veritas? Bedink egter dat Harvard steeds die volledige leuse op sy amptelike seëls gebruik.

Princeton se amptelike leuse: Dei sub numine viget. Met God se hulp gaan dit goed, en dit gaan tans baie beter met Princeton as met die Vrystaat. As universiteitsrade met politieke agendas behep raak, voorspel dit gewoonlik min goeds vir die wetenskap. Wat is die volgende stap? Opheffing van die UV? Opening van ’n satellietkampus van Harvard of Yale in Afrika?

Hoekom leer ons nie by Oxford nie? Elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag word verpligtend by middagete in die grootste kollege (met amper ’n miljard rand se gelde per jaar) van Oxford op die volgende wyse begin:

Scholar: “Blessed be God in his gifts.”

Response: “And holy in all his works.”

Scholar: “Our help is in the name of the Lord.”

Response: “Who has made heaven and earth.”

Scholar: “May the name of the Lord be blessed.”

Response: “From this time and for evermore.”

Scholar: “Lord God, the Resurrection and Life of those who be-lieve, You are always to be praised as much among the living as among the departed. We give You thanks for all our founders and our other benefactors, by whose bene­fact­ions we are nourished here for ­piety and for the study of letters. And we ask you that we, rightly ­using these Your gifts to Your glory, may be brought with them to immortal life. Through Jesus Christ our Lord, Amen.”

Scholar: “May God give grace to the living, rest to the departed; peace and concord to the Church, the Queen and our Kingdom; and to us sinners, eternal life. Amen.”

Laat die Vrystaatse universiteitsraad amptelik begin bid vir president Zuma en die ANC in Jesus Christus, ons Verlosser, se Naam. Op die vergaderings en sommer drie maal per week in die universiteitskroeg ook. Net soos amper al die mense binne die universiteit se voedingsgebied bid vir hul kos in Jesus se naam.

Kom ons bid saam met Yale: Stuur Heer U lig en waarheid weer! (Ps. 43:3)

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
125 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior PHP Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Financial Manager

Johannesburg, South Africa
Under African Skies Recruitment
R35000 - R40000

SharePoint Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2006
R 134,990.00

FORD

Fiesta 1.6 Titanium 3-dr MY10
2010
R 169,995.00

HONDA

FR-V 1.8 MPV
2008
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.