Reinhold Swart, Bellville

Rapport-gebruiker

Kusdorpe moet munt slaan uit geleenthede

deur Reinhold Swart, Bellville 2013-01-13 00:04

Brandan se oulike spotprent in Rapport van 6 Januarie, wat wys hoe Tafelberg glimlag terwyl die Gautengers huis toe keer, tref die kol.

Sommige kusdorpe bly egter huiwerig om die Desembervakansie tot sy volle potensiaal te benut.

Elke jaar is daar onder andere ‘n hewige debat oor of die kusdorpe die matrikulante gaan huisves.  Die afgelope tien jaar gee byvoorbeeld Hermanus nie bes,  maar dorpe soos Margate verdien goed  uit die geleentheid.  Plettenbergbaai het weer met sy week van vrolike roesemoes ‘n welkome 30 miljoen uit ons telge verdien.  Vele van ons uit die noordelike voorstede is ook getroue belastingbetalers van die Overberg Munisipaliteit,  maar ons kinders is nie daar welkom nie,  en moet die lang,  gevaarlike  pad na Plet aanpak en ten duurste daar bly.  En dit oor ‘n paar sigaretstompies hier en ‘n ou kondoompie daar,  wat heel moontlik vir versieringsdoeleindes gebruik is.

Met ‘n goeie besigheidsplan wat die sogenaamde "voete" besorg,  kan al die kusdorpies gedy deur  munt uit die somervakansie te slaan.  Stilbaai se stadsvaders slaag meesterlik hierin deur vir ‘n groot toeloop met die raakrugby-toernooi,  die Trans-Agulhas  rubberboot-wedvaart langs die hoofstrand,  die kroning van ‘n bierpens en ‘n fraaie meisie,  en ‘n lekker Oujaarsaand-vrolikheid te sorg.  Hul bestuur veral die jongspan-"tsoenami"  baie goed deur bekostigbare verblyf by Julie se Baai aan te bied,   te sorg vir uitstekende polisiëring,  baie jong-vermaak voor te sit en ‘n gees van hartelike verdraagsaamheid by die inwoners te skep.

Die jonges en hul voggies en Oujaarsaand se klappers bly maar ‘n dilemma,  maar ‘n bietjie verdraagsaamheid is dalk nie te veel gevra nie.

 Dit was  verblydend dat ons spruite en ‘n dosyn studentevriende wat gekom en gegaan het,  eerder bereid was om ver na die Drie Ankers-dansplek te stap,  as om agter ‘n voertuig se stuurwiel in te skuif.  Rede:  ‘n heilige vrees vir Stilbaai se polisie,  nog ‘n pluimpie vir die dorp.  Voorts het hul na-nag geleenthede met  ouers gereël of teen ‘n vriendelike fooitjie van Elvis se Nagbus gebruik gemaak.

Die Oujaarsaand-kaperjolle  was ook ‘n uitbundige  gedoente met  vuurwerke wat reeds vroegaand begin het.  So terloops ... ek vra ‘n oom wat met sy honde langs die riviermonding stap of sy honde nie angsbevange van die harde knalle raak nie.  Hy antwoord daar is nie iets soos  ‘ angsbevange ‘ honde nie,  slegs angsbevange honde-eienaars.  Sy honde  klink soos  Bellville se geharde hardebaard-brakke.

Ons het dit ook die aand geniet,  reg of verkeerd,  deur  jong, wildvreemde "rylopers" agter op ons  bakkie ‘n geleentheid te gee.  Oujaarsaand-nanag laai ons ‘n  student wat  "effe moeilik" loop op,  en by sy blyplek sê hy by my vrou se venster:   “Dankie Tannie,  eendag as ek groot is,  gaan ek dit ook vir ander doen.“   So,  ‘n paar "goedbedoelde" sopies hou jou "klein" van dankbaarheid.

Baie verkies die stilte van ‘n plekkie langs die kus,  maar ons as  sakelui sal getuig:  daar is net een Saterdag in die week en net een Desember in die jaar ... benut dit ten volle!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Cor Brent sê... Niks verkeerd met oudtydse skrums nie. Die Assistent skeidsregters kan dan kyk dat flanke en agstemanne behoorlik gebind is en flanke die voorrymanne behoorlik ondersteun. Dan kan daar net een opdrag wees en dit is 'skrum' waarop die skeidsregter dan kan kyk dat die bal reguit die skrum ingaan. Verminder die aantal spelers wat by die laagvat betrokke mag raak tot twee van elke span. Die laagvatter en laaggevatte speler moet onmiddellik padgee sodra hul grond toegaan en terugval tot agter die naaste speler van hul span voordat hul weer kan deelneem. Dit sal die kwessie van 'hy klou aan die bal vas en hy het nie die ou gelos' oplos en die soms onnodige en geniepsige wegneem van spelers verhoed. Omdat ek reken rugby is 'n spel wat op jou voete en nie hande, knieë ens gespeel word, moet spelers die bal los waar hy laaggevat word en nie die bal in laagvat kan wegkry nie. Daar is geen verdediging teen enige speler wat laaggevat is naby die doellyn en dan net sy arm uitstrek om 'n drie te druk nie. Ek reken 'n mens moet darem om jou voete die doellyn oorsteek of soos 'n Mannetjies Roux van ouds duik oor die doellyn om 'n drie te druk Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.