M. Pretorius, Totiusdal

Rapport-gebruiker

Laat water provinsies bepaal

deur M. Pretorius, Totiusdal
2012-02-04 14:43

Met verwysing na LIzel Steenkamp se rubriek "Wees eerlik oor minder provinsies", Rapport, 29 Januarie:                      

Die getal provinsies is nie belangrik nie. Wat wel belangrik is, is die beplanning en balans van die provinsies of beplande gebiede. Indien die beplanning sinvol gedoen word en die balans van die onderskeie elemente word gehandhaaf behoort baie min probleme ondervind te word. Om sinvol te beplan behoort daar besluit te word watter element die belangrikste is. In hierdie waterskaars land is water seker die belangrikste element of, as 'n mens wil, kommoditeit.

Indien dit die geval is behoort die waterbronne dus as die kern van 'n streek gebruik te word en nie, soos so baie in die verlede as provisiale grense nie. Die waterbronne word nie beskou as die fontein of vleiland waar dit ontstaan nie maar die hele rivier van waar dit ontstaan tot waar dit in 'n ander rivier of die see invloei. Die ander elemente soos landbou, intensief en ekstensief, woongebiede, industrieë en alle ontwikkeling moet om die hoofelemente, in die geval die waterbron, beplan word. Indien moontlik moet selfs die bevolkingsgetalle hierby aangepas word.

Indien bogenoemde beplanningsbeginsel toegepas word sal die provinsiale grense dus outomaties op die waterskeidings van die waterbronne geplaas word en sal die waterbronne of dan die riviere, nie as grense van die provinsies wees nie. Indien hierdie beplanningsmetode gebruik word kan dit deurgaans tot by die kleinste streke toegepas word.

Indien hierdie metode toegepas word kan by die groter waterbronne of riviere begin word, riviere soos die Oranje-, die Vaal-, die Tugela-, beide die Krokodilriviere en beide die Olifantsriviere as provinsiale kerneenhede gebruik word. Daar vandaan kan na kleiner eenhede beweeg word tot dit kleiner en meer behartigbare eenhede skep.

Dat hierdie voorstel sy eie moeilikhede sal oplewer is baie seker. Veral die industrieë sal waarskynlik die grootste opposisie wees en so ook die myne wat op hierdie laat stadium die grootste bron van besoedeling is. Van ons waterbronne is ook al totaal oorbenut soos bevoorbeeld die Vaalrivier en meeste van ons riviere is ook reeds al te veel besoedel.

 

 

 

                         Indien ons nie nou begin op die land as 'n geheel behoorlik te beplan nie en vas te stel hoe groot bevolking kan gerieflik in die land akkommodeer word nie mag ons in die rigting van Indië en ander oorbevolkte lande beweeg  en die uiteinde daarvan mag fataal wees - veral vir ons nageslagte.

 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.