André Visser, per e-pos

Rapport-gebruiker

Lees Sondagkoerant nou Maandae ook

deur André Visser, per e-pos 2012-07-07 14:35

Op 17 Junie het Rapport die eerste keer op die voorblad van die elektroniese koerant die lesers daarop gewys dat sekere berigte daardie dag net in die gedrukte Rapport verskyn.

Dan het Rapport genoem waaroor daardie berigte gaan.

Natuurlik het die mense gebrand van nuuskierigheid. Wie sal nie wil weet waaroor dit gaan as jy ’n nuusverslaafde of ’n wil-weet-verslaafde is nie?

Baie kommentators het onderaan Rapport se berig gal gebraak dat die biesies bewe.

Die volgende oggend, Maandag 18 Junie, gaan kyk ek so net ná 09:00 op Rapport se webwerf op die internet en ja, daar is daardie berigte (onder meer die een oor die Suid-Afrikaanse volkslied) almal bygewerk.

Dat geeneen wat kommentaar gelewer het dit agtergekom het nie, het my verbaas. Nog te meer die volgende Sondag toe die mense weer gal braak en Rapport uitkryt en name noem.

Die volgende dag, Maandagoggend vroeg al, was daardie berigte ook al weer bygewerk.

Ek weet van baie mense wat in elk geval eers Maandae deur die loop van die dag die Sondag se elektroniese weergawe van die koerante lees.

So weet hulle nie eens van die omstredenheid en geskarrel wat dit die vorige dag by die mense ontlok het nie.

Ek het nogal groot geglimlag toe een van die ouens die Sondag onderaan die kennisgewing op die voorblad geskryf het dat al die eksemplare van Rapport daar in sy woonbuurt aan die Wes-Rand al deur die loop van die Sondagoggend uitverkoop was.

100% vir Rapport!

Ek lees nou my Rapport Sondae én Maandae.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Attie Frey sê... Nee Alida, n d vooraan, eerder as n t, sou miskien n meer gepaste refleksie wees Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.