André Christof

Rapport-gebruiker

'Los ons uit, ons het bestaansreg'

deur André Christof 2012-10-18 10:44

In haar Rapport-blog die afgelope week skryf Cathy Kotzé dat sy 'n Afrikaner is en dat sy 'n Afrikaner sal doodgaan. Só is daar 'n paar miljoen van ons. Dan is daar diegene wat die Afrikaner verguis, wat elke nou en dan die motiewe van die werklike Afrikaner bevraagteken en hom in 'n swak lig stel.
 
Op 10 Februarie 2012 het Rapport 'n brief van my geplaas: "Die Afrikaner-karwatse" waarin ek uitgelig het dat die Afrikaanse rubriekskrywers die Afrikaner se geskiedenis teen die vergrype van die huidige regering s'n afspeel om die ANC se vergrype sag op die oor te laat val. Natuurlik ook om die Afrikaner in 'n swak lig te stel. Propaganda? Op 10 Maart 2012 het Rapport 'n skrywe van my geplaas: "Taal en kultuur: die totale aanslag".
 
Dawie skryf in sy rubriek in Die Burger van 15 September 2012: "Haal die angel uit die Afrikaner".
 
Tim Du Plessis skryf in sy rubriek in Rapport van 14 Oktober 2012: "Sonder die ou establishment".
 
By die afgelope Aardklop-kunstefees debatteer Flip Buys en dr. Jackie Grobler wie van Pres. Paul Kruger of Genl. Koos de la Rey die grootste Afrikaner van alle tye was. Ook koerant-webblaaie vra dié vraag aan hul lesers.
 
In die week van 10 Oktober op Radio RSG die oggend hier by half agt, gesels Cobus Bester met gaste dr. Piet Croucamp en nog 'n persoon. Daarin betoog dr. Croucamp dat die Afrikaner nie meer bestaansreg het nie. Dat die Afrikaner-organisasies die land nie 'n guns doen nie. Stem Cobus Bester saam en vertel hy dat hy die vraag "Wat is 'n Afrikaner?" op sy webblad gevra het, dat daar soveel uiteenlopende antwoorde was dat daar nie werklik meer 'n Afrikaner is nie.
 
Die middag gesels Ian Wessels in sy program met inbellers om hul opinie te verneem van destydse groot leiers. Daarin vertel hy dat Piet Retief maar 'n obskure karakter was, blykbaar ook maar korrup. Dat Piet Retief in geldelike verknorsing was en dat dit die beweegrede was wat hom by die Groot Trek laat aansluit het.
 
So kan ons aangaan met die verdagmakery. Kalwer so elke nou en dan, ook sommer aanmekaar as die geleentheid hom voordoen, aan die geloofwaardigheid van die Afrikaner en sy verlede. Die groot oogmerk? Nie nodig om te raai nie.
 
Aan diegene hier bo wat nie 'n Afrikaner is nie, wil ek graag sê: "Los ons uit, ons het bestaansreg in die land en julle sal ons nie verhoed om Afrikaner te wees, om ekonomies aktief te wees en om die land wat ons lief het positief met bydraes en energie die toekoms te help ingaan nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

ChrisAkkedis sê... Dankie. Ek dink nie jy's 'n trol nie. Moet jouself nie daaroor bekommer nie. Ek laat mense toe om hulself te klassifiseer. Met genoeg selfkennis, en met 'n eksterne raamwerk waaraan jy jouself kan meet, kan jy self besluit of jy 'n trol is of nie. Mens moenie toelaat dat ander mense jou definieer nie. Dit maak dit makliker vir mens om nie emosioneel reaktief op te tree nie. Geniet jou dag. ;) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.