- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Mense verskil; moord is moord
deur Willie Schutte, Lyttelton
2012-09-02 00:13
Ek het nooit geweet van ’n plek soos Griekwastad nie totdat ek destyds my vrou ontmoet het wat ’n boorling is van daardie wêreld.
Ek het deur jare heen Griekwastad en sy mense as baie innemend en vriendelik ervaar en mense het jou altyd tuis laat voel.
Die distrik en omgewing is mooi, maar ’n harde wêreld om in te boer en ek glo ook om sake te bedryf.
My skoonouers se bure op die buurplaas was ook Steenkamps.
Ek onthou hulle as mense wat jou altyd gasvry en welkom laat voel het. Na ek verneem, was dié Steenkamps ook familie van hulle wat in die treurspel vermoor is.
Deur hierdie afgryslike gebeure is hierdie mooi Karoodorpie op die landkaart geplaas. Mense sal nou altyd Griekwastad onthou en daarna verwys as die dorpie waar daar die moorde gepleeg is.
Dis net jammer dat die mense hier in twee kampe verdeel is oor die afgryslike gebeure. Moord bly moord en die een wat verantwoordelik is vir hierdie afgryslike dade moet verantwoording doen.