- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Net die ANC wen só
deur Pieter Mulder
2012-07-28 23:25
Dit is ’n fout vir Afrikaners om enigsins aan die politiek deel te neem, is Ryk van Jaarsveld se standpunt (Rapport, 22 Julie). Hy is verkeerd.
Die kernvraag is: Watter politieke party gaan daarby baat vind as alle Afrikaners hulle aan die politiek onttrek en ophou stem? Net die ANC.
Waarom wil Van Jaarsveld Afrikaners dwing om in hul strategie teen die ANC te moet kies tussen politieke deelname of burgerlike organisasies? Die oplossing is albei.
Van Jaarsveld het ’n week voor die 2011-verkiesing baie publisiteit gekry toe hy hom by die ANC aangesluit het. Waarom het hy dit gedoen as hy glo dit is ’n fout om polities betrokke te wees?